•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Leané verwerf diploma in Somatologie...

    Baie geluk aan Leané de Wet, deel van die klas van 2022, wat onlangs haar diploma in Somatologie aan die Potchefstroom Akademie suksesvol voltooi het.

  • Dallers vier Hemelvaart |2026

    Baie dankie aan Pastoor Jan-Hendrik Kotze, van Every Nations Church, wat vanoggend se Hemelvaartsdiens in ons skoolsaal behartig het.

  • Gideons besoek Hoërskool Ben Viljoen...

    Die Gideonsorganisasie het gister ’n besoek aan Hoërskool Ben Viljoen gebring en vir elke graad 8-leerder ’n Sakpas Bybel oorhandig. Hierdie kosbare geskenk simboliseer ’n bron van geloof, hoop en leiding wat ons leerders hopelik nog vir baie jare op hul lewensreis sal vergesel.

  • Alumni: Gabriella verwerf...

    “Ontwerp is nie net wat ons sien nie – dit is wat ons voel wanneer ons ’n ruimte betree.” Hierdie woorde beskryf die inspirerende reis van een van ons alumni-lede, Gabriella Serrano, wat deel was van die matriekklas van 2022 en onlangs haar Baccalaureusgraad in Interieurontwerp aan die Inscape Education Group se Stellenbosch-kampus voltooi het.

  • Tien redenaars deur na ATKV...

    Na afloop van die eerste rondte van die ATKV Redenaarskompetisie, wat op 16 April 2026 by Hoërskool Nylstroom plaasgevind het, is Hoërskool Ben Viljoen trots om aan te kondig dat tien van ons leerders deurgedring het na die semi-finaal wat op 15 Mei 2026, ook by Hoërskool Nylstroom, sal plaasvind.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Baie geluk aan Leané de Wet, deel van die klas van 2022, wat onlangs haar diploma in Somatologie aan die Potchefstroom Akademie suksesvol voltooi het.


Somatologie is ’n veeleisende studierigting wat fokus op gesig- en liggaamsbehandelings, velversorging, welstand en terapeutiese tegnieke. Dit vereis nie net tegniese vaardighede nie, maar ook dissipline, empatie en ’n sterk werksetiek. Leané het deur haar studies bewys dat sy oor al hierdie eienskappe beskik en dat sy bereid is om voortdurend te groei en haarself te ontwikkel.


Benewens haar diploma het sy ook haar internasionale skoonheidsterapie diploma verwerf deur die CIDESCO se Internasionale Skoonheidsterapie-eksamen suksesvol af te lê. CIDESCO word wêreldwyd erken as een van die mees gesogte en gerespekteerde kwalifikasies binne die skoonheids- en welstandsbedryf. Hierdie prestasie plaas Leané onder professionele terapeute wat aan internasionale standaarde voldoen en skep vir haar geleenthede om haar loopbaan plaaslik én internasionaal verder uit te bou.


Mag hierdie prestasies slegs die begin wees van ’n suksesvolle en vervullende loopbaan. Ons wens jou alle voorspoed, geluk en seën toe vir die pad vorentoe.

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak