Na afloop van die eerste rondte van die ATKV Redenaarskompetisie, wat op 16 April 2026 by Hoërskool Nylstroom plaasgevind het, is Hoërskool Ben Viljoen trots om aan te kondig dat tien van ons leerders deurgedring het na die semi-finaal wat op 15 Mei 2026, ook by Hoërskool Nylstroom, sal plaasvind.
Hierdie prestasie getuig van hulle toewyding en harde werk. Ons leerders het nie net hulself onderskei in hul taalgebruik en redeneervermoë nie, maar ook as waardige ambassadeurs van ons skool opgetree.
Die volgende leerders het deurgedring:
Gr. 8 & 9 Huistaal – Voorbereid:
Cari Kotzé
Gr. 8 & 9 Huistaal – Onvoorbereid:
Cari Kotzé
Lanél Coetzee
Gr. 8 & 9 Eerste Addisionele Taal – Voorbereid:
Aneena Mathew
Princess Moema
Gr. 10–12 Huistaal – Voorbereid:
Elsje de Bruin
Jaco van der Westhuyzen
JG Kruger
Gr. 10–12 Huistaal – Onvoorbereid:
Anika Pruis
Gr. 10–12 Eerste Addisionele Taal – Voorbereid:
Blessing Ratau
Tumi Makola (Mphahlele)
Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat deelgeneem het, en veral op dié wat deurgedring het na die volgende ronde. Julle volharding en selfvertroue is ’n inspirasie vir ons hele skoolgemeenskap.
Ons wens julle sterkte toe vir die semi-finaal en glo dat julle weereens met trots en uitnemendheid sal presteer.
.png)