Ons bied ruiterkuns as 'n buitesport aan waar ons erkenning gee aan hierdie ruiters wat ons verteenwoordig op 'n ander terrein as die gewone sportsoorte.
Baie van ons leerders behoort aan 'n onafhanklike ryskool waar hulle aan die geleentheid kry om aan die SANESA kompetisies deelneem. Die ruiters kry uitmuntende uitslae tydens hierdie kompetisies.
PRESTASIES:
| 2019: |
- Hoërskool Ben Viljoen word aangewys as die vyfde beste skool in die land, en eerste in die Limpopo provinsie
- Ontvang die 2019 toekenning vir deelnemende hoërskool van die jaar
- Die Victor Ludorum word aangewys as een van ons leerders
|
| |
|
|
2021:
|
- Awandé, Johané en Anel Geyser sowel as Clara de Beer is gekies vir die Limpopo Perdesport span
- Ameli Groenewald word gekies vir die Mpumalanga Perdesport span, en ontvang die volgende toekennings tydens die Mpumalanga SANESA prysuitdeling:Beste presteerder: Dresseer Novice, Beste presteerder:Spring 1.10m, Beste presteerder: Working hunter, Hoërskool Victrix Ludorum, en Ruiter in Mpumalanga wat die beste by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe presteer het (laerskool & hoërskool)
|
| |
|
| 2022: |
- Ameli Groenewald verwerf 'n vierde plek in Open Equitation, 'n tiende plek in albei klasse van Novice dresseer sowel as 'n tiende plek in Working Hunter. Sy verwerf ook 'n negende plek in die 1.10m spring afdeling
- Faseeha Bhikhoo word aangewys as die Hoërskole Victor Ludorum tydens die kampioenskappe
- Hoërskool Ben Viljoen word aangewys as een van die Top 3 skole
|
| |
|
| 2023: |
- Anika Struwig en Elrie Enslin verwerf provinsiale kleure
|
| |
|
| 2024: |
- Elrie Enslin, Faseeha Rahim Bhikoo, Leeyah Rahim Bhikoo, asook twee oud-leerders Ernlise Enslin en Roelien van der Walt, word ingesluit in die SANESA Provinsiale Span
|
| 2025: |
- Faseeha Rahim Bhikoo en Leeyah Rahim Bhikoo word ingesluit in die SANESA Limpopo-span
- Elrie Enslin en Denise van der Walt word ingesluit in die SAWMG Limpopo-span
- Denise van der Walt verwerf 'n algehele 15de plek, terwyl Elrie Enslin 'n algehele 22ste plek behaal tydens die Suid-Afrikaanse Western Mounted Games
- Faseeha Rahim Bhikoo word aangewys as die wenner van SANESA se Nasionale Boerperd-afdeling vir Hoërskoolruiters
|