•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Oratile en Francia deel van...

    Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Oratile Moshoane, een van ons Graad 8-leerders, asook Francia Meiring, een van ons graad 12-leerders, hierdie komende vakansie die geleentheid kry om hul liefde vir hokkie op internasionale bodem uit te leef.

  • Vier Dallers deel van Europese...

    Ons is ongelooflik bevoorreg om aan te kondig dat vier van ons Dallers binnekort die geleentheid kry om Suid-Afrika se grense oor te steek en hul liefde vir hokkie op internasionale bodem uit te leef!

  • ATKV vier Wêreld Skoonmaakdag | 2026

    Met Wêreld Skoonmaakdag, wat op 20 September 2026 plaasgevind het, word mense wêreldwyd herinner aan die belangrikheid daarvan om ons omgewing skoon, netjies en leefbaar te hou.

  • Eerste Krieketspan teen Hoërskool...

    Ons eerste krieketspan het op 19 September 2026 ’n indrukwekkende vertoning gelewer toe hulle op Hoërskool Nylstroom se tuisveld teen die gasheer te staan gekom het. Die Dallers het van die begin af met selfvertroue gespeel en uiteindelik die wedstryd met 37 lopies beklink.

  • o.15 krieketspan pak Hans Strijdom en...

    Ons o.15-krieketspan het die afgelope twee dae uitstekende vorm getoon en die week op ’n hoë noot afgesluit met twee agtereenvolgende oorwinnings.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Op 21 Februarie 1947 is Hoërskool Ben Viljoen amptelik geopen. Ons vier dus in 2026 ons 79ste bestaansjaar!

 

 ONS GROEI MET GEESDRIF

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen, 'n parallelmediumskool in die hartjie van die Loskopvallei. Hier op ons pragtige natuurskoon terrein word ontmeetbare kreatiwiteit, effektiewe kommunikasie, ontelbare buitemuurse aktiwiteite en geesbou geleenthede aangebied om elke leerder sosiaal, geestelik en emosioneel te laat groei.

Deur die geskiedenis heen het die onderwys nog altyd twee vername doelwitte: Om leerders te help om wys op te tree en om hulle te help om goed te wees – en karakter is nodig vir beide. Om te beweer dat ons verantwoordelike burgerskap en ‘n burgerlike samelewing kan hê, sonder om eers goeie karakter te bou, is soos om te glo dat ons bome sonder wortels kan hê, of blomme sonder blomblare. Ons is baie trots op ons skool en sy ryk tradisie. By Ben Viljoen streef ons daarna om elke kind, in samewerking met die ouerhuis, akademies, fisies, geestelik en sielkundig voor te berei vir die lewe na skool. Ons is ook trots om te kan spog met ’n wye reeks van vakke, kultuur- en sport aktiwiteite en so ook verskeie dienste wat by die skool aangebied word om dit gemaklik te maak vir enige leerder om hom of haar by Ben Viljoen te vestig en gereed te maak vir die lewe na skool.

 

 'N PLATTELANDSE SKOOL MET DIE DINAMIKA VAN 'N STADSKOOL

Skoolonderrig is nie net meer 'n gegewe nie. Dit is 'n belegging in u kind se toekoms en u as ouer het die keuse oor watter skool as 'produk' die beste aan jou kind se behoeftes sal voldoen. By ons vorm die leerders, die personeel en die ouers die unieke hartklop van die skool. Akademie vorm die hoeksteen van ons skool en jou belangstellings en behoeftes is vir ons belangrik. 

 

 DIE TOEKOMS IS GROEN EN GOUD

Hierdie webblad vertoon as ‘n spieël wat aan die buitewêreld toon hoe ons skool lyk. Dit vertoon die lewe binne en buite die klaskamer op die gebiede van sport, akademie, kultuur en ander vorme van die skoollewe. Geniet die reis saam met ons en ontmoet die leerlinge, onderwysers en gemeenskap betrokke by die bou van 'n juweel in Limpopo.

‘N WAARDEGEDREWE SKOOL

RESPEK – VERANTWOORDELIKHEID – OMGEE – INTEGRITEIT – LOJALITEIT

Ons glo dat die nastrewing van hierdie waardes ons onderwysers, leerlinge en ouers beter kan toerus om suksesvol te wees in ons gemeenskap asook in die samelewing oor die algemeen. 

 ONS WERK-ONS EER

Hierin lê opgesluit die grondbeginsels van die opvoedkunde wat as fondament dien vir Hoërskool Ben Viljoen. Deur dit van dag tot dag te beoefen, uit te leef en na te streef, voldoen die hoof, personeel en leerlinge aan die hoogste roeping van die lewe. Ons sien met vertroue uit na die toekoms en roep elkeen toe om getrou te bly aan ons leuse 

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak