•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Omphile by Suid-Afrikaanse...

    Ons is ongelooflik trots op Omphile Tshikane, wat op Saterdag, 17 Oktober 2026, in Potchefstroom, Noordwes, aan die Suid-Afrikaanse 10 km-padwedloopkampioenskappe deelgeneem het as lid van die Limpopospan.

  • Sommige tradisies is groter as net ’n...

    Hoërskool Ben Viljoen is trots om ’n besonderse storie van tradisie, leierskap en familietrots uit te lig wat oor drie dekades by Boomhuis Seunskoshuis strek.

  • Verteenwoordigende Koshuisraad 2027...

    Die Verteenwoordigende Koshuisraad (VKR) van Huis Cherié Dogterskoshuis en Boomhuis Seunskoshuis is gisteraand tydens ’n elegante funksie by Loskop Valley Lodge amptelik vir die dienstermyn van 2027 ingehuldig.

  • Graad 12-Klokluiseremonie en...

    In ware Hoërskool Ben Viljoen-tradisie het die Graad 12-leerders op Maandag, 12 Oktober 2026, die voorreg gehad om hul skoolloopbaan op ’n besonderse simboliese wyse af te sluit deur vir oulaas die klok te lui.

  • Mignon teken kontrak by Griffons | 2026

    Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Mignon Stevens, wat deel was van die klas van 2024, onlangs ’n belangrike mylpaal in sy rugbyloopbaan bereik het deur ’n kontrak met die Griffons te onderteken. Dié kontrak bied aan Mignon die geleentheid om sy rugbytalent verder te ontwikkel en homself op ’n hoër vlak van die spel te bewys.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Op 21 Februarie 1947 is Hoërskool Ben Viljoen amptelik geopen. Ons vier dus in 2026 ons 79ste bestaansjaar!

 

 ONS GROEI MET GEESDRIF

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen, 'n parallelmediumskool in die hartjie van die Loskopvallei. Hier op ons pragtige natuurskoon terrein word ontmeetbare kreatiwiteit, effektiewe kommunikasie, ontelbare buitemuurse aktiwiteite en geesbou geleenthede aangebied om elke leerder sosiaal, geestelik en emosioneel te laat groei.

Deur die geskiedenis heen het die onderwys nog altyd twee vername doelwitte: Om leerders te help om wys op te tree en om hulle te help om goed te wees – en karakter is nodig vir beide. Om te beweer dat ons verantwoordelike burgerskap en ‘n burgerlike samelewing kan hê, sonder om eers goeie karakter te bou, is soos om te glo dat ons bome sonder wortels kan hê, of blomme sonder blomblare. Ons is baie trots op ons skool en sy ryk tradisie. By Ben Viljoen streef ons daarna om elke kind, in samewerking met die ouerhuis, akademies, fisies, geestelik en sielkundig voor te berei vir die lewe na skool. Ons is ook trots om te kan spog met ’n wye reeks van vakke, kultuur- en sport aktiwiteite en so ook verskeie dienste wat by die skool aangebied word om dit gemaklik te maak vir enige leerder om hom of haar by Ben Viljoen te vestig en gereed te maak vir die lewe na skool.

 

 'N PLATTELANDSE SKOOL MET DIE DINAMIKA VAN 'N STADSKOOL

Skoolonderrig is nie net meer 'n gegewe nie. Dit is 'n belegging in u kind se toekoms en u as ouer het die keuse oor watter skool as 'produk' die beste aan jou kind se behoeftes sal voldoen. By ons vorm die leerders, die personeel en die ouers die unieke hartklop van die skool. Akademie vorm die hoeksteen van ons skool en jou belangstellings en behoeftes is vir ons belangrik. 

 

 DIE TOEKOMS IS GROEN EN GOUD

Hierdie webblad vertoon as ‘n spieël wat aan die buitewêreld toon hoe ons skool lyk. Dit vertoon die lewe binne en buite die klaskamer op die gebiede van sport, akademie, kultuur en ander vorme van die skoollewe. Geniet die reis saam met ons en ontmoet die leerlinge, onderwysers en gemeenskap betrokke by die bou van 'n juweel in Limpopo.

‘N WAARDEGEDREWE SKOOL

RESPEK – VERANTWOORDELIKHEID – OMGEE – INTEGRITEIT – LOJALITEIT

Ons glo dat die nastrewing van hierdie waardes ons onderwysers, leerlinge en ouers beter kan toerus om suksesvol te wees in ons gemeenskap asook in die samelewing oor die algemeen. 

 ONS WERK-ONS EER

Hierin lê opgesluit die grondbeginsels van die opvoedkunde wat as fondament dien vir Hoërskool Ben Viljoen. Deur dit van dag tot dag te beoefen, uit te leef en na te streef, voldoen die hoof, personeel en leerlinge aan die hoogste roeping van die lewe. Ons sien met vertroue uit na die toekoms en roep elkeen toe om getrou te bly aan ons leuse 

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak