Ons is trots op Du Toit Eksteen, deel van die klas van 2025, wat onlangs verkies is tot die huiskomitee van Huis Veritas by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein. Hy beklee die portefeulje van Omgewingsake. Ons is ongelooflik trots op Lohan Barnard, wat gekies is om aan die Free State Premier League (FPL)-krieketkompetisie deel te neem. Die sukses van 'n aand soos Mnr en Mej Ben Viljoen kan deels toegeskryf word aan die ondersteuning wat ons van die gemeenskap ontvang. Dit is vir ons 'n groot voorreg om te kan dankie sê aan almal wat bydraes gelewer het om dit 'n aand vir die boeke te maak! Ons het onlangs kennis geneem dat Elrie Muller, wat deel was van die klas van 2024, aangewys is as lid van die 2026/27-Huiskomitee van De Goede Hoop, ’n privaat koshuis vir studente in Pretoria. Ons is ongelooflik trots op Elrie Enslin en Denise van der Walt, wat gedurende die Septembervakansie aan die Nasionale Western Mounted Games-kampioenskappe by die Afridome in Parys deelgeneem het. Dié kampioenskappe het ruiters van regoor Suid-Afrika byeengebring om hul vaardighede, spoed en samewerking met hul perde op nasionale vlak ten toon te stel.
.png)