By die Hoërskool Ben Viljoen bestaan daar verskeie leierskapmoontlikhede vir ons leerlinge. Behalwe die kapteinskap van ons sportspanne en komiteelede van al ons kultuuraktiwiteite, het ons ook 'n Verteenwoordigende Leerlingraad (Graad 8-12) en 'n Uitvoerende Raad (Graad 12) met breë verteenwoordiging onder ons leerlinge.
Elke klas het twee klasverteenwoordigers, oftewel Verteenwoordigende Leerlingraad (Graad 8-12), en agt-en-twintig Graad 12-leerders vorm deel van die Uitvoerende Raad. Ons gebruik is om jaarliks ‘n Verteenwoordigende Leerlingraad sowel as Uitvoerende Raad aan te wys. Die doel daarvan is om die personeel by te staan in die funksionering van die skool, maar andersyds is dit ook om jong leiers te identifiseer en te ontwikkel vir latere leiersrolle in die gemeenskap.
Uitvoerende Raad 2026
| Hoofseun: | Jaco van der Westhuyzen |
| Hoofdogter: | Isabel Aguinaga |
| Onder-hoofseun: | Hugo Lourens |
| Onder-hoofdogter: | Christi Patricio |
| Voorsitter - Akademie: | Duan Scorgie |
| Voorsitster - Akademie: | Danelle Hall |
| Voorsitster - Kultuur: | Boitumelo Mphahlele |
| Voorsitster - Kultuur: | Chenél Grundling |
| Voorsitter - Sport: | Leeroy Alexander |
| Voorsitster - Sport: | Francia Meiring |
| Andrew Blake, Jacobus Lewies, MJ Ras, Jaun Roos, Joné Bronkhorst, Elsje de Bruin, Emmarentia Janse van Rensburg, Kamogelo Mashishi, Bontle Mkwanazi, Tisetso Netili, Mari-Zanne Nortjé, Almay Pretorius, Onkarabile Ramatshego en Tia-Mari Theron |
.png)
