•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 19.png

Boomhuis Seunskoshuis

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Hoërskool Ben Viljoen se seunskoshuis staan bekend as "Boomhuis" en is reeds in 1951 in gebruik geneem, eers as gemengde eenheid en later as volwaardige seunskoshuis. In Boomhuis gaan jy vriende maak wat altyd daar gaan wees vir jou. Julle gaan saam lag, saam speel en natuurlik ook saam leer. Boomhuis is nie net ‘n plek om te bly nie! Dis ‘n huis met ‘n gesin wat weet hoe om te lewe!  Kuier, speel, sowel as akademie. Ons maak alles spesiaal en beter!

Die keuse is eenvoudig: Boomhuis is die plek om te wees. Dit is die plek waar ons saam lekker dinge doen!

Die koshuis kan 75 seuns akkommodeer en bedien drie maaltye per dag – ontbyt, middagete en aandete.
Kamers akkommodeer een leerder per kamer, behalwe vir Graad 8 leerders wat soms moet deel.
Seuns kan vanaf 16:00 op Sondae begin inteken en moet Vrydae 13:30 weer uitteken.

Koshuisfinansies is hier beskikbaar.


Leerders bly tot graad 12 in dieselfde kamer en mag die kamer uitverf. Koshuis meubels mag nie geverf word nie maar mag afgeskuur en vernis word.

Benodighede vir die koshuis:
• Eie beddegoed en gordyne. (Venstergrootte: Wydte 135 cm, lengte tot vensterbank 165 cm, lengte tot grond 245cm.
• Gemaklike klere vir sport.
• Swemklere en handdoek.
• Skoolbenodighede
• Persoonlike- en toiletbenodighede.
• Snippermandjie, besem en stoflap.
• Skoenpolitoer + Borsel – mooi skoon skoolskoene is 'n moet.
• Slot vir kas en deur.
• Bybel of Dagboek (Hoe kan jy anders die dag aanpak en afsluit?)
• Wasgoedsak.
• Badprop of as jy hou van stort – plakkies.
• Toiletpapier.
• Prente en versierings vir jou kamer.
• Benodighede vir skool nuwelinge sal bekendgemaak word.


Die koshuis se dagprogram is as volg:
Oggend:
Opstaan : 05:25
Inspeksie : 05:45
Stilte : 05:55 – 06:00
Ontbyt : 06:05
Skool toe : 06:45
Deure sluit : 06:40
Middag:
Middagete : 13:35
Studie : 14:15 – 15:00 (Seuns kan ekstra klasse bywoon by skool)
: 15:00 – 17:00 (Woensdae Dorpverlof)
Ontspanningstyd:
Kultuurtyd : 15:00 - 16:00
Sport : 15:30 - 17:30
Aand:
Aandete : 17:30 / 17:45
1ste studie : 18:45 - 19:45
Breek : 19:45 - 20:00
2de Studie : 20:00 - 21:00
Stilte : 21:30 - 21:40 (in kamers)
Ligte uit : 21:40
Laat studie (Opsioneel soos deur met diensdoenende personeel gereël)
•Koshuisreëls is by die skoolkantoor beskikbaar

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2025 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Ondersteunersklub
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak