•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Leané verwerf diploma in Somatologie...

    Baie geluk aan Leané de Wet, deel van die klas van 2022, wat onlangs haar diploma in Somatologie aan die Potchefstroom Akademie suksesvol voltooi het.

  • Dallers vier Hemelvaart |2026

    Baie dankie aan Pastoor Jan-Hendrik Kotze, van Every Nations Church, wat vanoggend se Hemelvaartsdiens in ons skoolsaal behartig het.

  • Gideons besoek Hoërskool Ben Viljoen...

    Die Gideonsorganisasie het gister ’n besoek aan Hoërskool Ben Viljoen gebring en vir elke graad 8-leerder ’n Sakpas Bybel oorhandig. Hierdie kosbare geskenk simboliseer ’n bron van geloof, hoop en leiding wat ons leerders hopelik nog vir baie jare op hul lewensreis sal vergesel.

  • Alumni: Gabriella verwerf...

    “Ontwerp is nie net wat ons sien nie – dit is wat ons voel wanneer ons ’n ruimte betree.” Hierdie woorde beskryf die inspirerende reis van een van ons alumni-lede, Gabriella Serrano, wat deel was van die matriekklas van 2022 en onlangs haar Baccalaureusgraad in Interieurontwerp aan die Inscape Education Group se Stellenbosch-kampus voltooi het.

  • Tien redenaars deur na ATKV...

    Na afloop van die eerste rondte van die ATKV Redenaarskompetisie, wat op 16 April 2026 by Hoërskool Nylstroom plaasgevind het, is Hoërskool Ben Viljoen trots om aan te kondig dat tien van ons leerders deurgedring het na die semi-finaal wat op 15 Mei 2026, ook by Hoërskool Nylstroom, sal plaasvind.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

“Ontwerp is nie net wat ons sien nie – dit is wat ons voel wanneer ons ’n ruimte betree.” Hierdie woorde beskryf die inspirerende reis van een van ons alumni-lede, Gabriella Serrano, wat deel was van die matriekklas van 2022 en onlangs haar Baccalaureusgraad in Interieurontwerp aan die Inscape Education Group se Stellenbosch-kampus voltooi het.


Gabriella beskryf haar studente jare as uitdagend, maar ongelooflik vervullend. Gedurende hierdie tyd het sy nie net kreatief gegroei nie, maar ook geleer hoe ontwerpruimtes kan vorm wat emosie en betekenis dra.


Tydens haar studies het sy aan verskeie projekte gewerk, maar dit was haar finale projek wat uitgestaan het. Hierdie projek het gefokus op die ontwerp van ’n onkologiesentrum – ’n ruimte waar genesing, herinnering en menslike verbintenis sentraal staan. Vir Gabriella was hierdie projek veel meer as net ’n akademiese taak; dit was ’n persoonlike reis. Sy vertel dat die konsep deur haar pa geïnspireer is en dat dit vir haar ’n manier geword het om haar emosies en persoonlike storie deur ontwerp uit te beeld.


In ’n onderhoud met haar het Gabriella haar opregte dankbaarheid uitgespreek vir die grondslag wat by Hoërskool Ben Viljoen gelê is. Die ondersteuning, aanmoediging en waardes wat sy hier ontvang het, het haar die selfvertroue gegee om haar passie met oorgawe na te jaag en haar plek in die kreatiewe wêreld voluit in te neem.


Ons is ongelooflik trots op Gabriella se prestasie. Sy is ’n ware voorbeeld van hoe passie, deursettingsvermoë en ’n droom wat met hart aangepak word, tot iets besonders kan ontwikkel. Ons wens haar alle voorspoed toe vir die opwindende pad wat voorlê en sien uit daarna om haar toekomstige suksesverhale te volg.

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak