Waar ’n betrokke, kundige beheerliggaam by ’n skool gevestig is, is dit duidelik sigbaar. Die terrein en strukture lyk goed, die skool presteer op talle terreine en daar is ’n lae omset in onderwyspersoneel.
Die doel van die Beheerliggaam is om die skoolgemeenskap se belange te verteenwoordig. Dit moet omsien na die visie, etos en strategiese rigting wat die skool kies en sorg dat al die betrokkenes inkoop daarin.Die beheerliggaam se primêre taak is “governance”. Dit behels die beheer van al die eksterne faktore asook die bepaling van beleid deur die beheerliggaam. Die oorhoofse beheer van die skool wat fundamenteel is en die daarstelling van verskeie beleide wat die skool se organisasie ondersteun; naamlik die toelatingsbeleid, die gedragskode vir leerders, dissipline, ens., is geweldig belangrik. ‘n Ander baie belangrike funksie van die beheerliggaam het te make met finansies. Finansies het te doen met skoolgeld, begrotings, fondsinsamelingsprojekte en die behoorlike administrasie van skoolgeld. Dit is ‘n uiters belangrike rol wat die beheerliggaam moet vertolk. Ouers se inspraak verseker dat die skool optimaal funksioneer en dat hulle kinders die beste waarde vir hul geld ontvang. ‘n Verdere vertakking van die beheerliggaam se funksies sluit die vestiging van komitees in, soos byvoorbeeld finansies, geboue en terrein, dissipline, koshuise, bemarking ens.
Hoërskool Ben Viljoen het op 12 Maart 2024 die nuwe Beheerliggaam vir die termyn 2024-2027 aangewys. Die voorsitter, Louis Lourens, en skoolhoof, Mnr John Smith, sal betrokke wees by alle portefeuljes en hulp verleen waar nodig.
Die portefeuljes van die Beheerliggaam is as volg:
| Voorsitter: | Louis Lourens |
| Sekretaresse: | Elmarie Lessing |
| Akademie: | BJ Jovner |
| Koshuise: | Louis Gouws en Sarel Snyman |
| Sport: | Louis Nieman, Excellent Mnkomo en Rudi Viljoen |
| Dissipline: | John Smith en Sarel Snyman |
| Onderhoud van Terrein en Geboue: | Peter Jacquire |
| Barmhartigheid, Skooldrag en Klerebank: | BJ Jovner en Elmarie Lessing |
| Finansies: | Shaun Mellors |
| Kultuur: | Mariska Joubert |
| Bemarking: | Excellent Mnkomo, Ruperd Venter en Arnold van der Walt |
| Boerdery: | Diaan Ras |
Ons nooi ouers, voornemende ouers en gemeenskapslede uit om die vrymoedigheid te hê om met enige van hierdie Beheerliggaamslede kontak te maak met betrekking tot insette, bekommernisse en/of krisisse. Al hierdie lede dien almal as skakelpersone tussen die gemeenskap en die skool.
.png)