Blitsige voetwerk en hoë oktaanspoed is kenmerkend aan sewesrugby. Sewesrugby vind plaas tydens die maande van September en Oktober en twee spanne word jaarliks tydens toernooie ingeskryf: Juniors (o.15) en Seniors (o.17).
PRESTASIES:
| 2019: | o.17-span is skildwenners tydens Twizza Toernooi en die o.15's eindig as naaswenners | 
| 2021: | o.15 en o.17 spanne eindig vierde by Louis Trichardt Sewestoernooi | 
| 2023: | 
 o.17-span wen die bekerafdeling van die Frogfoot sewestoernooi by Hoërskool Die Wilgers en eindig as naaswenners tydens die PHS Blitzfees. Hulle neem ook deel aan die Kampioenebeker van die Frogfoot sewestoernooi waar slegs die Top 12-spanne in die land speel. o.15-span is bak(bowl)wenners tydens die Curro sewestoernooi. Asheeq Bradford, Mignon Stevens, Anvernio Adonis en Mihlali Ntlebi verwerf provinsiale kleure  | 
| 2024: | 
 o.15-span wen die Tom Naudé sewestoernooi, terwyl die o.17-span as naaswenners gekroon word. o.15-span wen die Plaatfinaal tydens die PHS Blitzfees, met die o.17-span wat naaswenners van die bak(bowl) is. o.15-span wen die Willem Strauss Internasionale sewestoernooi. o.17-span is die plaatwenners van die Heritage Sport sewestoernooi, terwyl die o.15-span in die derde plek eindig  | 
| 2025: | 
 o.15-span is Bowl-wenners tydens die Rassies Bosveld Sewestoernooi, terwyl die o.17A-span 'n vierde plek behaal o.15-span is Bekerwenners tydens die PHS Blitzfees, terwyl die o.17-span in die algehele sesde plek eindig o.15-span die Bekerwenners tydens die Vallei Uile Sewestoernooi, terwyl die o.17-span in die tweede plek eindig o.15-span die Bowl-wenners tydens die Noordvaal Sewestoernooi, terwyl ons o.17-span in die algehele sesde plek eindig Refentse Mashaba, Cohen Koopman en Junaid Stevens word ingesluit in die o.17 Limpopo Cravenweekspan  | 
.png)