2024
Matriekuitslae - 95.5% Slaagsyfer
77% matrieks behaal universiteitstoelating
Ons weet almal dat grondpaaie baie keer lei na teerpaai - teerpaaie na hoofpaaie en hoofpaaie na die beste bestemmings! Ons wil vandag graag ons dank uitspreek teenoor elke onderwyser/opvoeder wat deel was van hierdie reis tot aan die einde van 2024. Hierdie reis sou dalk nie so maklik gewees het sonder julle ondersteuning en insette nie.
In die eerste plek is ons dankbaar vir die fondament wat die ouers en laerskole gelê het in die lewens van die matrikulante van 2024. Matriekuitslae begin nie in gr. 8 of in gr. 1 nie, maar by ouers en familie wat reeds van geboorte af hulle kinders by die huis stimuleer. Speelskooltjies wat daagliks kleuters leer en stimuleer om leergierig te wees, speel ‘n belangrike rol. Die voedingskole van Hoërskool Ben Viljoen doen 'n uitstekende werk!
Hierdie leerders se lewenspaaie was verseker gevul met die regte padwysers, padkaarte en ‘n goeie kompas vir leiding. Die fondasie en avonture langs elkeen se lewenspaaie, die harde werk en tyd, wat elkeen ingesit het, dien saam tot die sleutel vir sukses.
Hoërskool Ben Viljoen is baie trots op hierdie leerders wat met 'n matriekslaagsyfer van 95.5% hulle hoërskoolloopbaan vaarwel geroep het. Die totaal onderskeidings staan op 108.
| 9 Onderskeidings: | 
| Anabel Aguinaga | 
| 7 Onderskeidings: | 
| Ingrid Lessing en Kai Gerber | 
| 6 Onderskeidings: | 
| Pabi Kgolane | 
| 5 Onderskeidings: | 
| Tolu Alesinloye, Leané Janse van Rensburg, Jaymé Pretorius en Henri van der Merwe | 
| 4 Onderskeidings: | 
| Marice de Jager, Maphuti Ngoepe en Shaakira Salie | 
| 3 Onderskeiding: | 
| Emma Kotzenberg, Bohlokwa Molemane, Mieke Oosthuizen, Isma Mallo, | 
| Danélle O'Connell en Nadine Pretorius | 
| 2 Onderskeidings: | 
| Vanessa da Silva, Keamogetswe Moema, Neo Mokwana, Elrie Muller en Cecilia Venter | 
| 1 Onderskeiding: | 
| Lexi Buchler, Anelia de Jong, Kagiso Khobotle, Gustav Klingbiel, Jacqueline Knox, Izaan Kotze, Logan Malan, Malebo Mathebe, | 
| Christel Mcloen, Bertha Mokwena, Nthepha Mothiba,Bradley Nhika, Lesedi Nkambula, Mihlali Ntlebi, Matabane Sekhukhune, | 
| Nicole Snygans, Bianca Stevenson, Xander Theunissen en Surita Veldman | 
Hermerk uitslae:
Hoërskool Ben Viljoen se matriekgroep van 2024 het reeds skitterend gevaar tydens die 2024 matriekuitslae, maar die hermerk van vraestelle en hereksamens, wat onlangs afgehandel is, het weereens bewys dat Ben Viljoen een van die top akademiese skole in Limpopo is!
Met 'n addisionele drie onderskeidings, spog ons klas van 2024 nou met 'n totaal van 111 onderskeidings wat gedurende die NSS-eksamen verwerf is.
Isma Mallo verwerf ‘n addisionele onderskeiding en spog nou met vier onderskeidings, terwyl Elrie Muller nou met drie onderskeidings spog. Anelia de Jong verwerf ook 'n addisionele onderskeiding wat haar totale onderskeidings op twee laat staan.
Ook die vakonderskeidings het gestyg:
Lewensoriëntering: vanaf vier-en-twintig onderskeidings na vyf-en-twintig onderskeidings
English First Additional Language: vanaf veertien onderskeidings na vyftien onderskeidings
Besigheidstudies: vanaf twee onderskeidings na drie onderskeidings
.png)