2025
Matriekuitslae - 96.6% Slaagsyfer
74.78% matrieks behaal universiteitstoelating
Ons weet almal dat grondpaaie baie keer lei na teerpaai - teerpaaie na hoofpaaie en hoofpaaie na die beste bestemmings! Ons wil vandag graag ons dank uitspreek teenoor elke onderwyser/opvoeder wat deel was van hierdie reis tot aan die einde van 2025. Hierdie reis sou dalk nie so maklik gewees het sonder julle ondersteuning en insette nie.
In die eerste plek is ons dankbaar vir die fondament wat die ouers en laerskole gelê het in die lewens van die matrikulante van 2025. Matriekuitslae begin nie in gr. 8 of in gr. 1 nie, maar by ouers en familie wat reeds van geboorte af hulle kinders by die huis stimuleer. Speelskooltjies wat daagliks kleuters leer en stimuleer om leergierig te wees, speel ‘n belangrike rol. Die voedingskole van Hoërskool Ben Viljoen doen 'n uitstekende werk!
Hierdie leerders se lewenspaaie was verseker gevul met die regte padwysers, padkaarte en ‘n goeie kompas vir leiding. Die fondasie en avonture langs elkeen se lewenspaaie, die harde werk en tyd, wat elkeen ingesit het, dien saam tot die sleutel vir sukses.
Hoërskool Ben Viljoen is baie trots op hierdie leerders wat met 'n matriekslaagsyfer van 96.6% hulle hoërskoolloopbaan vaarwel geroep het. Die totaal onderskeidings staan op 112.
| 6 Onderskeidings: |
| Kyra Hancke en Rorisang Masemola |
| 5 Onderskeidings: |
| Carmen Labuschagne en Simone Theron |
| 4 Onderskeidings: |
| Mashoto Moela |
| 3 Onderskeidings: |
| Ane Botha, Joe Cloete, Maggie French, Aneesha Mathew, |
| Tlakale Mogowe en Merie Muller |
| 2 Onderskeidings: |
| Christoff Augostine, NJ de Wet, Tshego Dolamo, Stiaan Jonck, |
| Mosebjadi Ledwaba, Risuna Maakana, Nomthandazo Mabuza |
| Dineo Manaka, Legoadi Nkadimeng, Mogau Nyalungu, Ian Steenkamp |
| Keziah Truter, Chanté van Aswegen, Ethan van Blerk, Jano van den Heever |
| en Ellené van der Westhuyzen |
| 1 Onderskeiding: |
| Mighael Alberts, Ankia Blok, Du Toit Eksteen, Anel Geyser, Stefan Grobler, |
| Nadia Janse van Rensburg, Sinethemba Kekana, Nondumiso Kgwale, |
| Beyonce Maatsha, Makgotso Maila, Nonjabulo Malatji, Manqoba Maleka, |
| Neo Maleka, Bontle Malema, Thenah Mashaba, Hlaudi Mashiloane, |
| Bonolo Mathebe, Kamogelo Matlalepoo, Relebohile Mohlamonyane, |
| Katlego Moimana, Anel Muller, Megan Otty, Alexia Paissopoulos, |
| Faseeha Rahim, Kyarah Schabort, Zonika van der Berg en FJ Veldman |
Hernasien
Die klas van 2025 het reeds vroeër vanjaar die kollig gesteel met hul uitstekende prestasies tydens die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen. Nou, ná die afhandeling van hermerkprosesse, het hierdie groep weereens hul akademiese gehalte bevestig en bewys dat ons met reg as een van die top akademiese skole in Limpopo gereken kan word.
Die jongste uitslae het gelei tot ’n indrukwekkende toename in die aantal onderskeidings. Met ’n addisionele agt onderskeidings en een simboolverbetering, staan die totaal nou op ’n merkwaardige 120 onderskeidings wat deur die klas van 2025 verwerf is.
Ané Botha, Merie Muller en Joe Cloete het elk ’n addisionele onderskeiding behaal en spog nou met vier onderskeidings elk. Ellené van der Westhuyzen het haar totaal tot drie onderskeidings verhoog, terwyl Carmen Labuschagne met ’n indrukwekkende ses onderskeidings uitstaan. Anel Geyser het nou twee onderskeidings, en Keziah Truter en Dineo Manaka het elk drie onderskeidings behaal.
Ook op vakvlak is daar merkbare verbeterings. Die aantal onderskeidings in Afrikaans Huistaal het van vier na vyf gestyg, terwyl Afrikaans Eerste Addisionele Taal van twaalf na dertien toegeneem het. Engels Eerste Addisionele Taal toon ’n besonder sterk sprong van agt na elf onderskeidings. Verdere groei is sigbaar in Verbruikerstudies en Geografie, wat elk van een na twee onderskeidings gestyg het, asook in Ingenieursgrafika- en Ontwerp, wat van vier na vyf onderskeidings verbeter het.
Hierdie uitslae is nie net ’n bewys van die harde werk en toewyding van die leerders nie, maar ook van die volgehoue ondersteuning en kwaliteit onderrig wat by Hoërskool Ben Viljoen gebied word. Ons is trots op elke leerder se prestasie en sien uit daarna om voort te bou op hierdie sterk akademiese fondament.
.png)