Ons is ongelooflik trots op twee van ons toegewyde personeellede, wat op 6 Augustus 2026 tydens ’n prysuitdelingsgeleentheid by Mmaswi A Nape Primary School as Top Presterende Onderwysers in die Sekhukhune-Suid-distrik vereer is.
Hierdie besonderse erkenning is ’n direkte weerspieëling van hulle harde werk, toewyding en passie vir onderwys, asook die uitstekende akademiese prestasies van hulle Graad 12-leerders. Die leerders het gedurende Kwartaal 2 uitstaande punte behaal, wat die gehalte van onderrig en ondersteuning wat hulle ontvang, beklemtoon.
Me Carla van den Berg is bekroon met die wisseltrofee vir die Top Presterende Onderwyser in Engels Eerste Addisionele Taal, terwyl Me Anreléne Smit die wisseltrofee vir die Top Presterende Onderwyser in Toerisme ontvang het.
Ons is trots op hierdie twee Dallers en hul merkwaardige prestasie. Hierdie toekennings is ’n bewys van hul onvermoeide insette en die verskil wat hulle daagliks in ons leerders se akademiese ontwikkeling maak. Mag julle voortgaan om met dieselfde passie, toewyding en uitnemendheid ’n positiewe invloed op ons leerders se toekoms te hê.
.png)