Op Maandag, 3 Augustus 2026, het ons o.14-dogtershokkiespan die geleentheid gehad om aan ’n vriendskaplike oefenwedstryd teen Laerskool Julian Muller se eerste dogtershokkiespan deel te neem.
Vir ons Dallers was die wedstryd ’n waardevolle voorbereiding met die oog op die komende Noordvaal-toernooi. Dit het ons dogters die geleentheid gebied om hul vaardighede te slyp, as ’n span saam te speel en waardevolle wedstrydervaring op te doen voordat die groot toernooi aanbreek.
Laerskool Julian Muller se eerste span het op hul beurt die wedstryd gebruik as voorbereiding vir hul LPL-liga, wat vandag, 8 Augustus 2026, met hul eerste wedstryde afgeskop het.
Dit was ’n uitstekende geleentheid vir beide spanne om hulself in ’n mededingende, maar vriendskaplike omgewing te toets en verder voor te berei vir die uitdagings wat voorlê.
Ons bedank Laerskool Julian Muller vir ’n lekker wedstryd en wens hulle span alle sterkte toe met die LPL-liga. Aan ons eie o.14-Dallers wens ons ook baie sterkte met die voorbereiding vir die Noordvaal-toernooi. Ons is trots op julle en sien uit daarna om julle op die veld te sien skitter!
.png)