Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat vyf van ons Daller-skuts uitgenooi is om aan die Mpumalanga-Finaal deel te neem. Die finaal vind vanaf 7 tot 8 Augustus 2026 by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier plaas.
Hierdie uitnodiging is ’n uitstaande prestasie en ’n bewys van dié skuts se harde werk, toewyding en fokus gedurende die skietseisoen.
o.16
•Tiago Fernandes
•Lizemari Erasmus
o.21
•Ané Pretorius
•Caylin Sadie
•Chrismari Erasmus
Ons is trots op elkeen van julle en wens julle sterkte toe met die Mpumalanga-finaal. Mag julle met selfvertroue, konsentrasie en Dallergees deelneem en elke geleentheid ten volle benut.
.png)