Leeyah Bhikhoo Rahim het die afgelope naweek aan die SANESA Kwalifiseerder deelgeneem wat by Ranch Resort aangebied is. Sy het met haar twee perde, Rathmore Baronne en Midnight Blue, uitstekende prestasies gelewer.
Met haar indrukwekkende uitslae oor die verskeie dissiplines het Leeyah se harde werk, toewyding en passie vir perdesport het duidelik geblyk.
Haar uitslae was as volg:
1ste plek – Performance Riding
1ste plek – Working Riding
2de plek – Show Jumping A
1ste plek – Show Jumping B
1ste plek – Equitation
2de plek – Dressage A
1ste plek – Dressage B
1ste plek – Prix Caprilli A
1ste plek – Prix Caprilli B
Hierdie uitstekende prestasie getuig van Leeyah se deursettingsvermoë, talent en die sterk band tussen ruiter en perd. Ons is ongelooflik trots op haar prestasies en wens haar alle sterkte toe vir die res van die SANESA-seisoen.
.png)