•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Ivor aangewys as naaswenner van Mnr...

    Die Dallerfamilie het vanjaar nóg ’n rede om met trots terug te kyk na die prestasies van een van ons oudleerders! Ivor Gouws, wat deel was van die klas van 1996, het vanjaar sy plek tussen Suid-Afrika se finaliste in die gesogte Mnr Suid-Afrika-kompetisie ingeneem en ’n indrukwekkende prestasie behaal.

  • Koshuis oorslaapaksie | 2026

    Boomhuis Seunskoshuis en Huis Cherié Dogterskoshuis het gister hul deure en harte oopgemaak vir volgende jaar se nuwe Uiltjies (Graad 8’s) tydens ’n heerlike oorslaapaksie. Dit was ’n geleentheid waarna daar uitgesien is om ons toekomstige koshuiskinders op ’n informele en prettige manier aan die koshuislewe bekend te stel en hulle sommer reeds ’n voorsmakie te gee van wat op hulle wag.

  • Thomas deel van New Mexico...

    Thomas Malope, wat deel was van die klas van 2022, het ’n opwindende nuwe hoofstuk in sy akademiese en sportloopbaan begin. Hy het onlangs ’n beurs ontvang om aan die New Mexico Junior College in die Verenigde State van Amerika te studeer, waar hy terselfdertyd die geleentheid kry om sy atletiektalent op verder te ontwikkel.

  • Van der Walt-boeties aangewys as...

    Leierskap, verantwoordelikheid en diensbaarheid is eienskappe wat nie oornag ontwikkel nie, maar deur voorbeeld, waardes en karakter gevorm word. Vir die Van der Walt-familie het hierdie eienskappe vanjaar op ’n besonderse manier gestalte gekry toe twee broers elk ’n belangrike leierskapsposisie by hul onderskeie skole verwerf het.

  • Baie dankie Uile! | 2026

    Ons wil graag ons opregte dank en waardering teenoor Die Uile uitspreek vir die borg van ’n kruipspuit.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Boomhuis Seunskoshuis en Huis Cherié Dogterskoshuis het gister hul deure en harte oopgemaak vir volgende jaar se nuwe Uiltjies (Graad 8’s) tydens ’n heerlike oorslaapaksie. Dit was ’n geleentheid waarna daar uitgesien is om ons toekomstige koshuiskinders op ’n informele en prettige manier aan die koshuislewe bekend te stel en hulle sommer reeds ’n voorsmakie te gee van wat op hulle wag.


Om vir die eerste keer koshuis toe te gaan, is ’n groot nuwe avontuur. Dit beteken ‘n nuwe omgewing, talle nuwe gesigte, nuwe roetines en natuurlik talle geleenthede om nuwe vriendskappe te sluit. Daarom was hierdie oorslaapgeleentheid die ideale kans vir die Uiltjies om mekaar beter te leer ken, die koshuise te verken en te ervaar hoe dit voel om deel van ’n groot koshuisfamilie te wees.


Ons koshuise is immers veel meer as net ’n plek waar leerders slaap en hul skooldae begin. Boomhuis en Huis Cherié is werklik elke inwoner se huis weg van die huis af – plekke waar leerders saam lag, leer, kuier, groei en kosbare herinneringe bou. Hier word vriendskappe gevorm wat dikwels lank ná skool behoue bly, en elke dag bied nuwe geleenthede om deel te wees van iets groter.


Natuurlik is die koshuislewe nie net huiswerk, studietye en vaste roetines nie! Daar is heerlike kos, gesellige kuiergeleenthede, hope pret en talle aktiwiteite wat sorg dat daar altyd iets is om na uit te sien. Van die alledaagse saamwees tot die spesiale oomblikke en spontane avonture is dit juis hierdie ervarings wat die koshuislewe so besonders maak.


Die oorslaapaksie was ook ’n geleentheid om die onsekerheid van ’n nuwe begin met opgewondenheid te vervang. Ons hoop dat elke Uiltjie met nuwe herinneringe, nuwe maatjies en sommer baie meer selfvertroue huis toe gegaan het. Julle is reeds op pad om deel te word van ’n gemeenskap waar daar altyd iemand is om saam te lag, iemand is om te help en ’n plek is waar julle behoort.


Aan al ons toekomstige Uiltjies: geniet die laaste paar weke van julle laerskooldae, want ’n splinternuwe hoofstuk wag op julle!


Boomhuis en Huis Cherié kan nie wag om julle in Januarie 2027 amptelik as deel van die Dallerfamilie te verwelkom nie!

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak