Thomas Malope, wat deel was van die klas van 2022, het ’n opwindende nuwe hoofstuk in sy akademiese en sportloopbaan begin. Hy het onlangs ’n beurs ontvang om aan die New Mexico Junior College in die Verenigde State van Amerika te studeer, waar hy terselfdertyd die geleentheid kry om sy atletiektalent op verder te ontwikkel.
Thomas, verteenwoordig die New Mexico Junior College Thunderbirds as ’n eerstejaarstudent in landloop. Sedert sy aankoms in die VSA het hy reeds aan verskeie universiteitskompetisies deelgeneem, waaronder die Western Texas Open, die NMJC Dr. Steve McCleery Invitational, die Texas Tech Invitational en die Thunderbird Open.
Tydens sy eerste paar maande aan dié universiteit het Thomas reeds goeie vordering getoon. Hy het sy 2026-landloopseisoen op 21 Augustus by die Western Texas Open met ’n 19de plek in die 5 km-wedloop afgeskop, met ’n tyd van 23:48.75. Daarna het hy op 11 September aan die NMJC Dr. Steve McCleery Invitational deelgeneem, waar hy die 8 km in 31:54.71 voltooi het om 46ste te eindig. By die Texas Tech Invitational op 18 September het hy ’n tyd van 33:00.40 aangeteken.
Een van die hoogtepunte van sy debuutseisoen was sy deelname aan die Thunderbird Open op 16 Oktober, waar hy die 8 km in ’n indrukwekkende persoonlike beste tyd van 29:27.8 voltooi het. Dit verteenwoordig ’n verbetering van meer as twee en ’n half minute op sy vorige 8 km-tyd in September en getuig van die vordering wat hy reeds gemaak het.
Thomas se prestasies is ’n bewys van die waarde van harde werk, deursettingsvermoë en die moed om nuwe geleenthede aan te gryp.
Die Dallerfamilie wens Thomas alle sterkte toe met sy akademiese studies en verdere atletiekloopbaan in die VSA. Mag hierdie nuwe avontuur vir jou talle geleenthede, groei en sukses inhou.
.png)