•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Ivor aangewys as naaswenner van Mnr...

    Die Dallerfamilie het vanjaar nóg ’n rede om met trots terug te kyk na die prestasies van een van ons oudleerders! Ivor Gouws, wat deel was van die klas van 1996, het vanjaar sy plek tussen Suid-Afrika se finaliste in die gesogte Mnr Suid-Afrika-kompetisie ingeneem en ’n indrukwekkende prestasie behaal.

  • Koshuis oorslaapaksie | 2026

    Boomhuis Seunskoshuis en Huis Cherié Dogterskoshuis het gister hul deure en harte oopgemaak vir volgende jaar se nuwe Uiltjies (Graad 8’s) tydens ’n heerlike oorslaapaksie. Dit was ’n geleentheid waarna daar uitgesien is om ons toekomstige koshuiskinders op ’n informele en prettige manier aan die koshuislewe bekend te stel en hulle sommer reeds ’n voorsmakie te gee van wat op hulle wag.

  • Thomas deel van New Mexico...

    Thomas Malope, wat deel was van die klas van 2022, het ’n opwindende nuwe hoofstuk in sy akademiese en sportloopbaan begin. Hy het onlangs ’n beurs ontvang om aan die New Mexico Junior College in die Verenigde State van Amerika te studeer, waar hy terselfdertyd die geleentheid kry om sy atletiektalent op verder te ontwikkel.

  • Van der Walt-boeties aangewys as...

    Leierskap, verantwoordelikheid en diensbaarheid is eienskappe wat nie oornag ontwikkel nie, maar deur voorbeeld, waardes en karakter gevorm word. Vir die Van der Walt-familie het hierdie eienskappe vanjaar op ’n besonderse manier gestalte gekry toe twee broers elk ’n belangrike leierskapsposisie by hul onderskeie skole verwerf het.

  • Baie dankie Uile! | 2026

    Ons wil graag ons opregte dank en waardering teenoor Die Uile uitspreek vir die borg van ’n kruipspuit.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Leierskap, verantwoordelikheid en diensbaarheid is eienskappe wat nie oornag ontwikkel nie, maar deur voorbeeld, waardes en karakter gevorm word. Vir die Van der Walt-familie het hierdie eienskappe vanjaar op ’n besonderse manier gestalte gekry toe twee broers elk ’n belangrike leierskapsposisie by hul onderskeie skole verwerf het.


Tydens Laerskool Julian Muller se prysuitdeling is Tiaan van der Walt aangewys as een van dié skool se twee onderhoofseuns vir 2027. Hierdie aanstelling is ’n groot voorreg en getuig van die vertroue wat in hom gestel word om leiding te neem, verantwoordelikheid te aanvaar en ’n positiewe voorbeeld vir sy mede-leerders te stel.


Wat hierdie prestasie nóg meer betekenisvol maak, is dat sy ouer broer, Christoff van der Walt, wat tans ’n Graad 11-leerder by ons is, ook as ons onderhoofseun vir 2027 verkies is.
Dit is nie alledaags dat twee broers gelyktydig as onderhoofseuns by hul onderskeie skole aangewys word nie. Hoewel elkeen sy eie pad en leierskapreis volg, deel hulle nou die ongelooflike voorreg om in dieselfde jaar elk ’n belangrike rol in ons gemeenskap te vervul.


Leierskap gaan immers oor veel meer as ’n titel of ’n posisie. Dit vra toewyding, integriteit, respek en die bereidwilligheid om ander eerste te stel. Dit bied ook die geleentheid om ’n verskil te maak, medeleerders te inspireer en ’n blywende bydrae tot die skool se kultuur en tradisies te lewer.


Ons is trots op Christoff en deel graag in die vreugde van die Van der Walt-familie oor Tiaan se aanstelling. Mag hierdie twee jong leiers hul onderskeie geleenthede met ywer, nederigheid en Dallerhart aanpak.

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak