Zerelda Taljaardt, een van ons huidige Graad 9-leerders, het die afgelope naweek aan die o.19 Limpopo Tennisproewe deelgeneem wat by die Polokwane Tennisklub aangebied is.
Wat hierdie prestasie besonders maak, is dat Zerelda tans o.15 is en dus teen heelwat ouer spelers te staan gekom het. Ten spyte van die ouderdomsverskil het sy uitstekend gevaar en 'n algehele 7de plek behaal.
Haar deelname op hierdie vlak getuig van haar talent, deursettingsvermoë en passie vir tennis.
Baie geluk, Zerelda! Ons is trots op jou en sien uit daarna om te sien hoe jy jou tennisloopbaan verder ontwikkel.
.png)