•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Tiago verwerf twee eerste plekke...

    Tiago Fernandes, een van ons huidige Graad 10-leerders, wat vanjaar as die Fotograaf van die Jaar aangewys is, het weereens bewys dat sy talent geen perke ken nie. Kreatiwiteit, talent en ’n besondere oog vir die kleiner dinge in die lewe het hom tot groot hoogtes laat presteer tydens die ATKV Aksie en Woordvreugde-tak se 2026 Fotografiekompetisie vir skoliere van 18 jaar en jonger.

  • Zerelda by o.19 Limpopo Tennisproewe...

    Zerelda Taljaardt, een van ons huidige Graad 9-leerders, het die afgelope naweek aan die o.19 Limpopo Tennisproewe deelgeneem wat by die Polokwane Tennisklub aangebied is.

  • Dertig jaar later, dieselfde...

    Leierskap, uitnemendheid en Dallertrots is eienskappe wat dikwels van een geslag na die volgende oorgedra word. Soms bring die lewe egter ’n uitsonderlike oomblik waarin ’n mens duidelik kan sien hoe ’n nalatenskap voortleef. Jaco van der Westhuyzen se matriekjaar by Hoërskool Ben Viljoen was só ’n geleentheid.

  • Chanelle - 'n leier duisend | 2026

    Sukses word nie slegs aan die prestasies wat ’n mens behaal, gemeet nie, maar ook aan die passie, toewyding en leierskap waarmee jy ’n verskil in ander se lewens maak. Chanelle Smith, wat deel was van die klas van 2022, is ’n uitstekende voorbeeld hiervan.

  • Prestige Prysuitdeling | 2026

    Aan die einde van elke akademiese jaar is dit tyd om terug te kyk op die jaar se harde werk, toewyding en prestasies. Dit is ook ’n geleentheid om erkenning te gee aan ons leerders wat op verskillende terreine hul merk gemaak het.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Leierskap, uitnemendheid en Dallertrots is eienskappe wat dikwels van een geslag na die volgende oorgedra word. Soms bring die lewe egter ’n uitsonderlike oomblik waarin ’n mens duidelik kan sien hoe ’n nalatenskap voortleef. Jaco van der Westhuyzen se matriekjaar by Hoërskool Ben Viljoen was só ’n geleentheid.


Jaco het vanjaar die voorreg gehad om as Hoërskool Ben Viljoen se hoofseun te dien. In hierdie leierskapsrol het hy die geleentheid gekry om ’n verskil te maak, verantwoordelikheid te aanvaar en sy medeleerders met trots te verteenwoordig. Wat hierdie prestasie nog meer betekenisvol maak, is dat hy hiermee in sy pa, Jaco van der Westhuyzen snr., se voetspore gevolg het. Sy pa het 30 jaar gelede ook as hoofseun van Hoërskool Ben Viljoen gedien.


Die hoogtepunt van hierdie ongelooflike familietradisie het egter tydens vanjaar se Prysuitdeling gevolg toe Jaco jnr. met die gesogte SALK-toekenning in die seunsafdeling bekroon is. Daarmee het hy nie net sy matriekjaar op ’n hoogtepunt afgesluit nie, maar ook ’n besonderse sirkel voltooi.


Die SALK-toekenning (Sport, Akademie, Leierskap en Kultuur) is een van Hoërskool Ben Viljoen se prestige-toekennings en word jaarliks tydens die Prysuitdeling aan die graad 12-seun en -dogter oorhandig wat oor die vier onderskeie terreine heen die beste algehele prestasie lewer. Die toekenning word bepaal aan die hand van ’n vasgestelde kriteriastelsel waarin prestasies op die gebied van sport, akademie, leierskap en kultuur beoordeel word. ’n Leerder moet ’n minimum van 140 punte behaal om vir hierdie gesogte toekenning in aanmerking te kom.


Jaco se prestasie is dus veel meer as bloot nog ’n toekenning op sy matriekrekord. Dit is ’n weerspieëling van sy betrokkenheid en prestasies op verskillende terreine van die skoollewe, asook die toewyding waarmee hy sy verantwoordelikhede as leerder en leier nagekom het.


Die merkwaardigste deel van hierdie verhaal lê egter in die tydlyn daarvan. Presies 30 jaar gelede, in 1996, het sy pa, Jaco van der Westhuyzen snr., self die SALK-toekenning ontvang. Dertig jaar later ontvang sy seun dieselfde toekenning, by dieselfde skool, nadat hy ook in sy pa se voetspore as hoofseun gevolg het.


Dit is nie alledaags dat ’n pa en seun, drie dekades uitmekaar, dieselfde erkenning van hul alma mater ontvang nie. Hierdie prestasie beklemtoon nie net die verbintenis tussen twee generasies Dallers nie, maar ook die waarde van ’n skooltradisie waarin leierskap, deelname en uitnemendheid van geslag tot geslag voortleef.


Vir ons is hierdie verhaal een waarop daar met groot trots teruggekyk kan word. Dit herinner ons daaraan dat die ware waarde van ’n skool se nalatenskap nie net in geboue, prestasies of trofeë opgesluit lê nie, maar veral in die mense wat deel daarvan was en steeds is.


Baie geluk aan Jaco van der Westhuyzen met hierdie welverdiende erkenning. Jy het nie bloot in jou pa se voetspore gevolg nie, maar ook jou eie merk gemaak en ’n ongelooflike hoofstuk in die geskiedenis van die Dallerfamilie geskryf.

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak