•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Tiago verwerf twee eerste plekke...

    Tiago Fernandes, een van ons huidige Graad 10-leerders, wat vanjaar as die Fotograaf van die Jaar aangewys is, het weereens bewys dat sy talent geen perke ken nie. Kreatiwiteit, talent en ’n besondere oog vir die kleiner dinge in die lewe het hom tot groot hoogtes laat presteer tydens die ATKV Aksie en Woordvreugde-tak se 2026 Fotografiekompetisie vir skoliere van 18 jaar en jonger.

  • Zerelda by o.19 Limpopo Tennisproewe...

    Zerelda Taljaardt, een van ons huidige Graad 9-leerders, het die afgelope naweek aan die o.19 Limpopo Tennisproewe deelgeneem wat by die Polokwane Tennisklub aangebied is.

  • Dertig jaar later, dieselfde...

    Leierskap, uitnemendheid en Dallertrots is eienskappe wat dikwels van een geslag na die volgende oorgedra word. Soms bring die lewe egter ’n uitsonderlike oomblik waarin ’n mens duidelik kan sien hoe ’n nalatenskap voortleef. Jaco van der Westhuyzen se matriekjaar by Hoërskool Ben Viljoen was só ’n geleentheid.

  • Chanelle - 'n leier duisend | 2026

    Sukses word nie slegs aan die prestasies wat ’n mens behaal, gemeet nie, maar ook aan die passie, toewyding en leierskap waarmee jy ’n verskil in ander se lewens maak. Chanelle Smith, wat deel was van die klas van 2022, is ’n uitstekende voorbeeld hiervan.

  • Prestige Prysuitdeling | 2026

    Aan die einde van elke akademiese jaar is dit tyd om terug te kyk op die jaar se harde werk, toewyding en prestasies. Dit is ook ’n geleentheid om erkenning te gee aan ons leerders wat op verskillende terreine hul merk gemaak het.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Sukses word nie slegs aan die prestasies wat ’n mens behaal, gemeet nie, maar ook aan die passie, toewyding en leierskap waarmee jy ’n verskil in ander se lewens maak. Chanelle Smith, wat deel was van die klas van 2022, is ’n uitstekende voorbeeld hiervan.


Tydens haar studentejare aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het Chanelle nie net akademies voortgebou aan haar toekoms nie, maar ook op verskeie terreine ’n besonderse bydrae tot die studentelewe gelewer. Sy het vanjaar die gesogte posisie as Primaria van die Vergeet-My-Nie-Dameskoshuis beklee, ’n leiersrol waarin sy haar organisatoriese vermoëns, deursettingsvermoë en passie vir haar koshuis ten volle kon uitleef.


Onder haar leiding is Vergeet-My-Nie as Dameskoshuis van die Jaar aangewys. Die koshuis het ook indrukwekkende uitslae behaal en eerste uit al die koshuise in SJGD en Sosiaal geëindig. Onder die dameskoshuise het hulle boonop die eerste plek in Kuns, SID en Opedag behaal. In Sport, MEK en Werwing, TAD en PrakJOOL het hulle onder die top vyf geëindig.


Chanelle se betrokkenheid het egter veel verder as haar leiersrol gestrek. Sy was deel van Vergeet-My-Nie se Sêr-groep wat algeheel ‘n eerste plek by die NWU-Pukke verwerf het, asook die span wat die damesafdeling van die nasionale A Cappella-kompetisie gewen het. Sy het ook deelgevorm van die koshuis se wenner-Canvas-span en verskeie sportspanne, waaronder pluimbal, tennis en hokkie.


Haar vermoë om soveel uiteenlopende verantwoordelikhede met entoesiasme aan te pak, het nie ongesiens verbygegaan nie. Tydens die koshuis se informele geleentheid is sy as Wonder Woman van die Jaar aangewys – ’n gepaste erkenning vir iemand oor wie almal sekerlik gewonder het hoe sy dit regkry om alles gedoen te kry! By die formele jaareindgeleentheid is sy boonop as Vergeet-My-Nie’er van die Jaar bekroon.


Akademies het Chanelle ook nie op haar louere gerus nie. Sy het haar Honneursgraad in Landbou-ekonomie suksesvol voltooi en daarmee nog ’n belangrike mylpaal op haar akademiese pad bereik.


Hierdie prestasies bou voort op die stewige grondslag wat Chanelle reeds tydens haar skooljare by Hoërskool Ben Viljoen gelê het. As onderhoofdogter het sy haar leierskap en betrokkenheid uitgeleef en verskeie gesogte toekennings tydens haar Graad 12-prysuitdeling ontvang, waaronder die Akademiese Skild, Sakekamertrofee, SALK-toekenning en Ambassadeurstoekenning.


Van ’n toegewyde Daller tot Primaria van ’n bekroonde dameskoshuis: Chanelle se pad getuig van ’n jong vrou wat geleenthede met albei hande aangryp, haar talente op verskeie terreine ontwikkel en bereid is om haar deel by te dra. Haar prestasies weerspieël nie net harde werk en deursettingsvermoë nie, maar ook die waardes van leierskap, diensbaarheid en uitnemendheid.


Chanelle, jou prestasies maak ons trots! Jy bewys dat Dallerhart nie by die skoolhek agterbly nie, maar saam met jou groei en op nuwe plekke nuwe hoogtes bereik. Ons wens jou alles van die beste toe met jou volgende uitdagings en geleenthede. Ons is trots om jou ’n Daller te kan noem!

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak