•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Omphile by Suid-Afrikaanse...

    Ons is ongelooflik trots op Omphile Tshikane, wat op Saterdag, 17 Oktober 2026, in Potchefstroom, Noordwes, aan die Suid-Afrikaanse 10 km-padwedloopkampioenskappe deelgeneem het as lid van die Limpopospan.

  • Sommige tradisies is groter as net ’n...

    Hoërskool Ben Viljoen is trots om ’n besonderse storie van tradisie, leierskap en familietrots uit te lig wat oor drie dekades by Boomhuis Seunskoshuis strek.

  • Verteenwoordigende Koshuisraad 2027...

    Die Verteenwoordigende Koshuisraad (VKR) van Huis Cherié Dogterskoshuis en Boomhuis Seunskoshuis is gisteraand tydens ’n elegante funksie by Loskop Valley Lodge amptelik vir die dienstermyn van 2027 ingehuldig.

  • Graad 12-Klokluiseremonie en...

    In ware Hoërskool Ben Viljoen-tradisie het die Graad 12-leerders op Maandag, 12 Oktober 2026, die voorreg gehad om hul skoolloopbaan op ’n besonderse simboliese wyse af te sluit deur vir oulaas die klok te lui.

  • Mignon teken kontrak by Griffons | 2026

    Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Mignon Stevens, wat deel was van die klas van 2024, onlangs ’n belangrike mylpaal in sy rugbyloopbaan bereik het deur ’n kontrak met die Griffons te onderteken. Dié kontrak bied aan Mignon die geleentheid om sy rugbytalent verder te ontwikkel en homself op ’n hoër vlak van die spel te bewys.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Die Verteenwoordigende Koshuisraad (VKR) van Huis Cherié Dogterskoshuis en Boomhuis Seunskoshuis is gisteraand tydens ’n elegante funksie by Loskop Valley Lodge amptelik vir die dienstermyn van 2027 ingehuldig.


Die geleentheid is spesiaal vir die twee koshuise en het die nuwe leiers die geleentheid gebied om hul leierskapreis amptelik af te skop. As verteenwoordigers van hul onderskeie koshuise rus daar ’n belangrike verantwoordelikheid op hierdie leerders om leiding te neem, ’n positiewe voorbeeld te stel en by te dra tot ’n sterk koshuisgemeenskap waarin samehorigheid, respek, dissipline en tradisie hoog geag word.


Ons spreek graag ons opregte dank uit teenoor almal wat betrokke was by die reëlings en sukses van hierdie besonderse aand. Julle ondersteuning, harde werk en waardevolle bydraes het gehelp om die geleentheid onvergeetlik te maak.


Huis Cherié Dogterskoshuis
Die volgende leerders sal gedurende 2027 leiding neem by Huis Cherié:
•Hoofdogter: Nicke Botha
•Onder-Hoofdogter: Bongamusa Mahlangu
•Magrietjie: Jaydéne Cloete
•Graad 11-verteenwoordiger: Fransien Myburg
•Graad 10-verteenwoordiger: Dehané van der Merwe
•Graad 9-verteenwoordigers: Estelle Myburg en Owami Ntuli


Boomhuis Seunskoshuis
Die volgende leerders is aangewys om gedurende 2027 die leiding by Boomhuis te neem:
•Hoofseun: SJ de Klerk
•Onder-Hoofseun: Botshi Moema
•Broumeester: Karel Minnie
•Graad 11-verteenwoordiger: Zander Coetser
•Graad 10-verteenwoordiger: Jack Beukes
•Graad 9-verteenwoordiger: Miguel Jacobs


Leierskap is veel meer as ’n titel - dit is ’n roeping tot diens, verantwoordelikheid en die bereidwilligheid om ’n verskil in ander se lewens te maak. Ons vertrou dat hierdie leiers hul ampte met integriteit, toewyding en trots sal beklee en dat hulle ’n betekenisvolle bydrae tot die koshuislewe sal lewer.


Baie geluk aan elke lid van die VKR van 2027! Mag julle dienstermyn gekenmerk word deur goeie samewerking, waardevolle groei en talle hoogtepunte. Mag julle voortbou op die trotse tradisies van Huis Cherié en Boomhuis en elke dag uitleef wat dit beteken om deel van die Dallerfamilie te wees.

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak