•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Omphile by Suid-Afrikaanse...

    Ons is ongelooflik trots op Omphile Tshikane, wat op Saterdag, 17 Oktober 2026, in Potchefstroom, Noordwes, aan die Suid-Afrikaanse 10 km-padwedloopkampioenskappe deelgeneem het as lid van die Limpopospan.

  • Sommige tradisies is groter as net ’n...

    Hoërskool Ben Viljoen is trots om ’n besonderse storie van tradisie, leierskap en familietrots uit te lig wat oor drie dekades by Boomhuis Seunskoshuis strek.

  • Verteenwoordigende Koshuisraad 2027...

    Die Verteenwoordigende Koshuisraad (VKR) van Huis Cherié Dogterskoshuis en Boomhuis Seunskoshuis is gisteraand tydens ’n elegante funksie by Loskop Valley Lodge amptelik vir die dienstermyn van 2027 ingehuldig.

  • Graad 12-Klokluiseremonie en...

    In ware Hoërskool Ben Viljoen-tradisie het die Graad 12-leerders op Maandag, 12 Oktober 2026, die voorreg gehad om hul skoolloopbaan op ’n besonderse simboliese wyse af te sluit deur vir oulaas die klok te lui.

  • Mignon teken kontrak by Griffons | 2026

    Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Mignon Stevens, wat deel was van die klas van 2024, onlangs ’n belangrike mylpaal in sy rugbyloopbaan bereik het deur ’n kontrak met die Griffons te onderteken. Dié kontrak bied aan Mignon die geleentheid om sy rugbytalent verder te ontwikkel en homself op ’n hoër vlak van die spel te bewys.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

In ware Hoërskool Ben Viljoen-tradisie het die Graad 12-leerders op Maandag, 12 Oktober 2026, die voorreg gehad om hul skoolloopbaan op ’n besonderse simboliese wyse af te sluit deur vir oulaas die klok te lui.


Wanneer ’n nuwe leerder in Graad 8 by Hoërskool Ben Viljoen se hekke instap, word hulle deur middel van ’n spesiale kloklui-seremonie as deel van die Dallerfamilie verwelkom. Dit simboliseer die begin van ’n nuwe hoofstuk waarin elke leerder die geleentheid kry om te groei, herinneringe te maak en deel te word van ’n gemeenskap waar hulle tuis kan voel.

Vier jaar later, aan die einde van hul Graad 12-jaar, keer die leerders terug na hierdie tradisie om die klok vir oulaas te lui en simbolies afskeid te neem van hul skooljare.


Die oggend was gevul met emosie, nostalgie en Dallertrots. In die saal het herinneringe van die afgelope vyf jaar, kosbare vriendskappe en gedeelde ervarings opnuut na vore gekom. Trane is gestort, daar is teruggedink aan die mooi oomblikke en met opgewondenheid uitgesien na die onbekende pad wat voorlê. Dit was veel meer as net ’n afskeid van skooldae – dit was ook ’n viering van die groei, ontwikkeling en prestasies van die matriekklas van 2026.


Ná afloop van die seremonie het die leerders na die Gedenktuin beweeg, waar die amptelike kloklui-seremonie voortgegaan het. Hier het Die Ben Klok weereens sentraal gestaan in een van Hoërskool Ben Viljoen se kosbaarste tradisies. Die klok, wat ’n ereplek in die Gedenktuin beklee, verteenwoordig die skool se ryk geskiedenis, waardes en tradisies wat van geslag tot geslag oorgedra word.


Toe die klok op hierdie gedenkwaardige oggend weerklink, het die helder klank die einde van die matrikulante se skoolloopbaan aangekondig. Terselfdertyd het dit egter ook die begin van ’n nuwe lewensfase ingelui – ’n fase vol nuwe geleenthede, uitdagings en drome wat wag om verwesenlik te word.


Vir die matriekklas van 2026 sal hierdie laaste kloklui altyd ’n uitsonderlike herinnering bly aan die plek waar hul reis as Dallers begin het, die mense wat hul pad gevorm het en die tradisies wat hulle vir altyd met Hoërskool Ben Viljoen sal verbind.


Die klok het vir oulaas gelui, maar die Dallerhart sal altyd bly klop. Mag elke matrikulant die toekoms met selfvertroue aanpak en ons skool se naam met trots uitdra. Eenmaal ’n Daller, altyd ’n Daller!

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak