•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Jurihan by o.16 Streekstoernooi | 2026

    Ons is ongelooflik trots op Jurihan Swart, wat vanaf 14 tot 18 Julie die geleentheid gehad het om Limpopo tydens die o.16 Streekstoernooi by Hilton College in Pietermaritzburg te verteenwoordig.

  • Ons verwelkom Mnr en Mev Nolte | 2026

    Dit is vir ons 'n groot voorreg om mnr Coene Nolte en sy vrou, me Surné Nolte, vanaf die derde kwartaal by die Dallerfamilie te verwelkom. Mnr Nolte sal betrokke wees in die klaskamer met die aanbieding van Tegnologie, MSW, en Lewensoriëntering, terwyl Me Nolte by beide die hoofstroom- sowel as die Uduxoklasse haar stempel gaan afdruk met die aanbieding van onder andere Tegnologie en MSW.

  • KJ blink uit tydens Toneelseisoen | 2026

    KJ Briel, een van ons huidige graad 11-leerders, het vanjaar sy talent op ‘n indrukwekkende wyse ten toon gestel deur aan beide die Allegretto Toneelfees Monofees/Digiteater en Aardklop PronkDigitaal deel te neem met die aangrypende produksie My Skaduwee, geskryf deur Inamari.

  • Lesedi en Zano by o.16...

    Om jou provinsie op die hokkieveld te verteenwoordig, is 'n uitsonderlike eer wat slegs deur harde werk, toewyding en deursettingsvermoë verdien word. Ons is daarom ongelooflik trots op Lesedi Makofane en Zano Vazi, wat vanaf 13 tot 17 Julie 2026 as lede van die Limpopo o.16-hokkiespan aan die o.16 Streekshokkietoernooi by Hoërskool Nelspruit deelgeneem het.

  • Remmogo maak geskiedenis tydens o.14...

    Uitsonderlike prestasies op die hokkieveld word nie net gemeet aan doele of oorwinnings nie, maar ook aan deursettingsvermoë, toewyding en die vermoë om onder druk konstant op die hoogste vlak te presteer. Ons is daarom ongelooflik trots op Remmogo Mokoena, wat tydens die o.14 Interprovinsiale Toernooi (IPT) vir ‘’n geskiedkundige oomblik gesorg het.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Ons is ongelooflik trots op Jurihan Swart, wat vanaf 14 tot 18 Julie die geleentheid gehad het om Limpopo tydens die o.16 Streekstoernooi by Hilton College in Pietermaritzburg te verteenwoordig.


Hierdie toernooi bring jaarliks die land se mees belowende o.16-spelers bymekaar en bied aan jong sportlui die geleentheid om hul vaardighede teen topmededingers van regoor Suid-Afrika te toets. Deelname aan hierdie toernooi is op sigself 'n besonderse prestasie en getuig van Jurihan se talent, harde werk en deursettingsvermoë.


Gedurende die vyf dae van die toernooi is spelers aan 'n hoë vlak van kompetisie blootgestel, waar elke wedstryd waardevolle ervaring en geleenthede vir persoonlike groei gebied het. Jurihan het homself met trots gedra, sy span met toewyding verteenwoordig en die waardes van Hoërskool Ben Viljoen op en van die speelveld uitgeleef.


Die ervaring wat tydens hierdie toernooi opgedoen is, sal ongetwyfeld 'n belangrike bydrae lewer tot Jurihan se verdere ontwikkeling as sportman. Om teen van die beste spelers in sy ouderdomsgroep mee te ding, is 'n waardevolle geleentheid wat sy spel sal versterk en hom sal voorberei vir toekomstige uitdagings.


Ons is trots daarop dat hy Hoërskool Ben Viljoen verteenwoordig het en sien uit daarna om sy sportloopbaan met groot belangstelling te volg.

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak