Laerskool Marble Hall se jaarlikse aflos-swemgala het gister, vanaf 14:00 tot 19:00, by dié skool se opgegradeerde swembad op hulle skoolterrein plaasgevind.
Hierdie gewilde jaarlikse byeenkoms is ’n groot hoogtepunt op die kalender en bring die gemeenskap op ’n unieke manier bymekaar. Hoërskoolleerders, plaaslike besighede en ouers kry die geleentheid om hul swemvernuf te wys deur in spanne van tien lede aan die afloskompetisie deel te neem. Dit sorg nie net vir gesonde kompetisie nie, maar skep ook ’n heerlike atmosfeer van spanwerk, samewerking en gemeenskapsbetrokkenheid.
Ons is egter uiters trots op ons gemengde personeelspan wat vanjaar aan die gala deelgeneem het en ’n algehele vierde plek behaal het!
Dankie Laerskool Marble Hall vir die geleentheid en vir die gasvrye aanbieding van ’n dag vol sportgees en gemeenskapsamehorigheid.
.png)