Die tweede gholf ligabyeenkoms het gister, 4 Mei 2026, by Elements Gholfbaan in Warmbad plaasgevind.
Ons A-span het uitstekend presteer en die eerste plek gedeel met Hoërskool Hans Strijdom. Henco Smith en Joe Ras het besonders goed gespeel en ’n groot bydrae tot die span se sukses gelewer.
Ons B-span het die tweede plek gedeel met Hoërskool Nylstroom, terwyl die B-afdeling deur Hoërskool Frikkie Meyer gewen is. Altus Pretorius het die hoogste IPS-punte in die B-afdeling behaal, terwyl Marnus Botha kort op sy hakke gevolg het.
Ons C-span het tweede geëindig uit die nege deelnemende skole in die C-afdeling. Bernard van Blerk het 'n besonderse goeie dag op die baan beleef en was een van die uitstaande spelers.
.png)