Die jaarlikse Bushveld Classic Gholfdag het van 1 tot 2 Mei 2026 by die pragtige Marble Hall Gholflandgoed plaasgevind en weereens top gholftalent gelok.
Ons is besonders trots om aan te kondig dat Joe Ras, een van ons talentvolle graad 10-leerders, vir die tweede agtereenvolgende jaar as kampioen gekroon is – ’n merkwaardige prestasie wat getuig van toewyding, deursettingsvermoë en uitstekende spel.
Joe het oor dié twee dae ’n indrukwekkende netto telling van 139 aangeteken, wat hom stewig bo sy mededingers geplaas het met sy konsekwentheid en fokus op die baan.
.png)