Op Maandag, 13 April 2026, het ons Gholf A-span deelgeneem aan die Bosveld Interhoër-byeenkoms wat by die pragtige Koro Creek Gholfbaan naby Nylstroom plaasgevind het. Die dag het groot belofte ingehou, maar uitdagende weerstoestande het gou hul tol geëis.
Weens weerlig is die byeenkoms ná slegs 9 putjies ontwrig, en moes die verrigtinge reeds teen 12:00 gestaak word. Ten spyte van die onvoorspelbare omstandighede, het ons spelers hul beste gelewer en sterk karakter op die baan getoon.
Die span het uiteindelik ’n verdienstelike vyfde plek algeheel behaal. Individueel het Joe Ras ’n uitstekende netto telling van 33 aangeteken, terwyl Peter Jacquire kort op sy hakke gevolg het met ’n telling van 34. Henco Smith het ’n netto telling van 39 aangeteken, en Juan Niemann het die dag afgesluit met ’n telling van 42.
Ons is trots op elke speler se deursettingsvermoë en sportmanskap onder moeilike toestande.
.png)