Twee van Hoërskool Ben Viljoen se uitblinkatlete, Jaco van der Westhuyzen en Marnu Hancke, se onderskeie atletiekseisoene het onlangs hul persoonlike hoogtepunte bereik. Beide atlete is op grond van hul uitstekende prestasies gekies vir die Limpopo Senior Atletiekspan wat aan die 2026 ASA Senior Atletiekkampioenskappe gaan deelneem.
Die kampioenskappe vind vanaf 16 tot 18 April plaas by die Coetzenburg-stadion op die terrein van die Universiteit van Stellenbosch – ’n verhoog waar Suid-Afrika se beste atlete jaarliks meeding.
Hierdie prestasies is nie net ’n persoonlike mylpaal vir die twee atlete nie, maar ook ’n bron van groot trots vir die skool en die breër gemeenskap. Dit bevestig weereens die hoë standaard van sportontwikkeling by Hoërskool Ben Viljoen.
.png)