Ons eerste netbalspan het vanaf 31 Maart tot 2 April aan ’n opwindende en kompeterende netbaltoernooi by Camp Discovery deelgeneem. Die span het deurgaans sterk karakter, spanwerk en deursettingsvermoë getoon teen van die sterkste netbalskole.
Gedurende die toernooi het ons span ’n reeks uitdagende wedstryde gespeel en indrukwekkende oorwinnings behaal. Hulle het hul toernooi uitstekend begin met ’n oorwinning van 14–09 teen Capricorn High School, waarna hulle ongelukkig met 19-27 teen Edenvale High School verloor het in ’n taai en fisieke wedstryd.
Ons span het egter vinnig herstel en hul vorm gevind met ’n oortuigende 31–13 oorwinning teen Tyger Valley College. In ’n spannende en naelbytstryd het hulle Hoërskool Stoffberg met net een doelverskil, 24–23, geklop - ’n ware bewys van hul kalmte onder druk.
Die toernooi is op ’n hoogtepunt afgesluit met nog ’n sterk vertoning toe ons span Hoërskool Erasmus met 20–16 verslaan het. Na afloop van dié toernooi, eindig ons span in die algehele sesde plek.
.png)