Die gees het vandag behoorlik hoog geloop met die afskop van ons Geesvangweek! As deel van die pret moes leerders vandag skool toe kom met “Anything but a school bag” en die Dallers het beslis nie teleurgestel nie.
Van wasgoedmandjies en inkopiemandjies tot kruiwaens en koelhouers – die kreatiwiteit het geen perke geken nie. Die gange was gevul met lag en hope oorspronklikheid terwyl leerders met trots hulle unieke “skooltasse” rondgedra het. Dit was ’n dag propvol pret, maar ook ’n bewys van die sterk Daller-gees wat in elke leerder leef.
Hierdie week van gees en samehorigheid bou op na die hoogtepunt van die kwartaal – die Bosveld Interhoër wat op 28 Februarie by Hoërskool Ellisras plaasvind. Die opgewondenheid begin reeds tasbaar raak en elke aktiwiteit tydens Geesvangweek versterk die trots en eenheid waarmee ons ons skool gaan verteenwoordig.
Met soveel entoesiasme op dag een, kan ons net uitsien na wat die res van die week inhou!
.png)