Op Saterdag, 21 Februarie 2026, het die Daller-atlete van Hoërskool Ben Viljoen hulle staal gewys tydens die Sonop Interhoër wat by Hoërskool Lydenburg plaasgevind het.
Teen sterk kompetisie van die gasheerskool, Hoërskool Ermelo, Hoërskool Middelburg, Hoërskool Rob Ferreira, Hoër Volkskool Heidelberg, HTS Witbank en Hoërskool Bergvlam, het ons atlete bewys dat hulle slaggereed is vir die Bosveld Interhoër wat op 28 Februarie by Hoërskool Ellisras plaasvind.
Ons Dallers het ’n indrukwekkende totaal van agt goue medaljes, ses silwer medaljes en vyftien brons medaljes verower,’n prestasie wat getuig van harde werk en deursettingsvermoë.
’n Besonderse hoogtepunt was dat beide ons o.14-aflosspanne silwermedaljes verwerf het – ’n bewys van uitstekende samewerking en veggees op die baan.
Die dag se grootste hoogtepunt was ongetwyfeld Marnu Hancke se uitstaande vertonings in die o.17-afdeling. Hy het nie net gewen nie, maar ook twee rekords verbeter:
o.17 Gewigstoot – 17.85m
(Vorige rekord: J du Plessis – 17.55m , EHS, 2010)
o.17 Diskus – 58.50m
(Vorige rekord: J du Plessis – 57.15m , EHS, 2010)
As kroon op sy merkwaardige prestasie is Marnu aangewys as Beste Senior Seun Worpe-atleet, én hy het die gesogte titel as Senior Victor Ludorum ontvang – ’n besondere eer wat sy dominante vertoning op die veld beklemtoon.
Eerste plekke:
Aziza Nkwa, Omphile Tshikane, Marnu Hancke, Livey van Blerk, Lian Jordaan & Linmari Kriel
Tweede plekke:
Hlogi Sekome, Zander Coetzer, Liliana Janse van Rensburg, Karmi de Klerk, Marnu Hancke & Limni-Lu Heswick
Derde plekke:
Itumeleng Phatlane, Juan Niemann, Zander Coetzer, Leigh-Grant Tiemie, Rihanke Roentgen, Monya van Niekerk, Nthando Nkosi, Elsje Dippenaar, Hendrik Botes, Denise van der Walt, Bernard van Blerk, Jacobus Lewies & Jenise Kriel
Die gees is hoog, die fokus is skerp en die vasberadenheid duidelik sigbaar - ons sien uit na die Bosveld Interhoër!
.png)