Mnr Excellent Mnkomo het tydens die jaarlikse Limpopo Skeidsregtervereniging se prysuitdeling, wat op 14 November 2026 by die Eeufeessaal in Pietersburg plaasgevind het, behoorlik skoonskip gemaak en met ’n indrukwekkende versameling toekennings weggestap.
Mnr Mnkomo se uitsonderlike bydrae en prestasies as skeidsregter is tydens die geleentheid erken toe hy die volgende toekennings ontvang het:
• Skeidsregter van die Jaar
• Skeidsregter se Skeidsregter van die Jaar
• Skeidsregter tydens Provinsiale Wedstryde
• Skeidsregter tydens Internasionale Wedstryde
• Beste Prestasie as Skeidsregter
• Skeidsregter van die Noordvaalbeker Afdeling 1-finaal
Ses toekennings is ’n besonderse prestasie en getuig van sy toewyding, professionaliteit en passie vir die skeidsregtersberoep. Dit is ook ’n bewys van die harde werk en ure se opoffering wat agter die skerms plaasvind om op hierdie vlak te kan presteer.
Hoërskool Ben Viljoen en die Dallerfamilie is ongelooflik trots op mnr Mnkomo. Baie geluk met hierdie welverdiende erkenning! Mag daar nog talle hoogtepunte en suksesvolle wedstryde op jou pad vorentoe wees.
.png)