Ons is trots op Du Toit Eksteen, deel van die klas van 2025, wat onlangs verkies is tot die huiskomitee van Huis Veritas by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein. Hy beklee die portefeulje van Omgewingsake.
Leierskap op universiteitsvlak bied jongmense die geleentheid om hulself verder te ontwikkel, nuwe uitdagings aan te pak en die vaardighede wat hulle tydens hul skoolloopbaan aangeleer het, in ’n nuwe omgewing toe te pas. Du Toit se verkiesing is ’n mooi voorbeeld van hoe Daller-alumni steeds nuwe geleenthede aangryp om betrokke te wees en ’n bydrae tot hul gemeenskappe te lewer.
Die Daller-familie wens Du Toit hartlik geluk met hierdie prestasie. Ons wens hom alle sterkte en sukses toe met sy verantwoordelikhede by Veritas en vertrou dat hy hierdie geleentheid met entoesiasme, toewyding en trots sal aanpak.
Eenmaal ’n Daller, altyd ’n Daller! Mag jy steeds jou merk maak en die Dallergees met trots uitdra.
.png)