Ons is ongelooflik trots op Lohan Barnard, wat gekies is om aan die Free State Premier League (FPL)-krieketkompetisie deel te neem.
Die toernooi vind van 7 tot 10 Desember in Bloemfontein plaas, waar Lohan die geleentheid sal kry om sy krieketvaardighede op ’n mededingende vlak ten toon te stel as lid van die Bloem Hornets. Die amptelike spandrag-oorhandiging vind op 6 Desember plaas, waarna die spelers gereed maak vir die kragmetings wat voorlê.
Hierdie besonderse prestasie is ’n bewys van Lohan se harde werk, toewyding en passie vir krieket. Die Dallerfamilie wens hom alle sterkte toe met hierdie uitdaging en sien daarna uit om van sy prestasies op die krieketveld te hoor.
.png)