Met Wêreld Skoonmaakdag, wat op 20 September 2026 plaasgevind het, word mense wêreldwyd herinner aan die belangrikheid daarvan om ons omgewing skoon, netjies en leefbaar te hou.
By Hoërskool Ben Viljoen het ons ATKV-Jeugtak vandag die geleentheid gebruik om ’n spesiale woord van dank aan ons algemene werkers te rig.
Elke dag, dikwels sonder dat dit raakgesien word, werk ons algemene werkers hard om ons skoolterrein skoon, netjies en aangenaam vir ons Dallers en personeel te hou. Van vroegoggend af is hulle besig om die terrein te versorg en seker te maak dat ons skool die trotse plek bly wat dit is.
Die ATKV-Jeugtak het hulle vandag met ’n klein blykie van waardering bedank vir die harde werk, toewyding en diens wat hulle elke dag lewer.
Ons glo dat waardering nie net op spesiale dae uitgespreek moet word nie. Ons algemene werkers is ’n belangrike deel van die Dallerfamilie, en ons waardeer die rol wat elkeen van hulle speel om van Hoërskool Ben Viljoen ’n plek te maak waarop ons almal trots kan wees.
Baie dankie vir alles wat julle elke dag doen! Julle harde werk maak ’n verskil, en ons waardeer julle meer as wat woorde kan sê.
.png)