Ruhan Venter, wat deel was van die klas van 2023, het sy Diploma in Plant Produksie suksesvol voltooi aan die Peritum Agri Institute in Bloemfontein. Hierdie kwalifikasie getuig van sy toewyding, deursettingsvermoë en passie vir die landbousektor.
Ruhan het egter reeds sy plek in die bedryf gevind en is tans werksaam by Impala Citrus. Deur sy kennis en vaardighede in die praktyk toe te pas, dra hy by tot die groei en ontwikkeling van een van die streek se belangrikste landboubedrywe.
Sy sukses bewys dat harde werk, toewyding en 'n bereidwilligheid om voortdurend te leer, die weg baan na nuwe geleenthede.
Ons wens Ruhan alle voorspoed toe met sy loopbaan en vertrou dat hy nog groot hoogtes in die landbousektor sal bereik.
.png)