•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Ruhan voltooi Plant Produksie Diploma

    Ruhan Venter, wat deel was van die klas van 2023, het sy Diploma in Plant Produksie suksesvol voltooi aan die Peritum Agri Institute in Bloemfontein. Hierdie kwalifikasie getuig van sy toewyding, deursettingsvermoë en passie vir die landbousektor.

  • Baie dankie CTECG & Extreme Print

    Ons o.15A Netbalspan bedank graag CTECG vir die borg van hulle sweetpakke wat hulle tydens die Mpumalanga Kampioenskappe gedra het, asook Extreme Print vir die borduurwerk. 

  • Mpumalanga Netbalkampioenskappe | 2026

    Hoërskool Ben Viljoen se o.14- en o.15-netbalspanne het vanaf 15 tot 16 Junie 2026 aan die Mpumalanga Netbalkampioenskappe deelgeneem, waar die Dallers teen van Mpumalanga se sterkste skole te staan gekom het. Albei spanne het uitstekende veggees getoon en waardevolle ervaring opgedoen teen hoë gehalte teenstand.

  • Thomas ontvang beurs van Universiteit...

    Thomas Malope, wat deel was van die klas van 2022, het onlangs 'n beurs ontvang om aan die Universiteit van New Mexico in die VSA te studeer, terwyl hy terselfdertyd sy atletiektalent op internasionale vlak gaan uitleef.

  • Beylinda verwerf Baccalaureusgraad in...

    Beylinda Bronkhorst, wat deel was van die klas van 2018, het onlangs haar Baccalaureusgraad in Besigheidsadministrasie - Logistiek en Voorsieningskettingbestuur met onderskeiding voltooi aan die IIE Rosebank College.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Hoërskool Ben Viljoen se o.14- en o.15-netbalspanne het vanaf 15 tot 16 Junie 2026 aan die Mpumalanga Netbalkampioenskappe deelgeneem, waar die Dallers teen van Mpumalanga se sterkste skole te staan gekom het. Albei spanne het uitstekende veggees getoon en waardevolle ervaring opgedoen teen hoë gehalte teenstand.


O.15-span behaal 'n negende plek

Die o.15-span het die toernooi sterk begin met 'n 14–9 oorwinning oor Madzuma. Daarna het hulle voortgebou op hul momentum met 'n 10–4 sege teen Idlangemabala. In hul derde wedstryd het die span teen Hoërskool Secunda te staan gekom en ondanks 'n dapper poging met 9–17 verloor. Die Dallers het daarna ook teen Hoërskool Lydenburg vasgeval met 'n telling van 5–12.

Die span het egter hul karakter gewys deur in die semifinaal van die plasingwedstryde terug te slaan en Hoërskool Piet Retief met 9–5 te verslaan. In die wedstryd om die agtste en negende plek het Ben Viljoen teen Hoërskool Rob Ferreira te staan gekom. Ná 'n harde stryd moes hulle ongelukkig die knie buig met 11–6, wat beteken het dat die span die kampioenskap in 'n negende plek afgesluit het.

O.14-span eindig agtste

Die o.14-span het ook met groot entoesiasme aan die kampioenskap deelgeneem. Hulle het hul groepfase afgesluit met 'n 9–7 oorwinning oor Hoërskool Piet Retief nadat hulle vroeër teen Hoërskool Nelspruit met 6–18 verloor het.

In die uitspeelrondes het die span teen sterk teenstand te staan gekom. Hulle het in die kwarteindstryd met 2–18 teen Hoërskool Middelburg verloor en daarna in die semifinaal van die plasingwedstryde met 4–15 teen Hoërskool Ermelo vasgeval.

In hul laaste wedstryd van die toernooi het die Dallers teen Hoërskool Rob Ferreira gespeel. Ondanks 'n moedige poging het hulle met 7–8 verloor en die kampioenskap in die agtste plek afgesluit.

 

Hoewel die einduitslae nie altyd in hul guns was nie, het beide spanne die naam van Hoërskool Ben Viljoen met trots gedra. Die spelers het deurentyd vasberadenheid, sportmangees en spanwerk getoon teen van die beste netbalskole in Mpumalanga.

Baie geluk aan al die spelers en afrigters met hul deelname en prestasies. Die ervaring wat tydens hierdie kampioenskappe opgedoen is, sal ongetwyfeld bydra tot verdere groei en sukses op die netbalbaan. Ons sien uit na wat die toekoms vir hierdie talentvolle Daller-netbalspelers inhou.

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak