Ons gholfspanne het uitstekend presteer tydens die derde ligabyeenkoms wat by Marble Hall Gholfklub aangebied is.
Ons A-span het die dag gewen, met Hoërskool Hans Strijdom in die tweede plek. Henco Smith, wat deelvorm van ons A-span, het 'n uitstekende dag op die baan beleef met 'n indrukwekkende 1 onder baansyfer.
In die B-afdeling, het ons B-span ook as wenners uit die stryd getree met Hoërskool Nylstroom wat tweede geëindig het.
'n Besonderse hoogtepunt van die dag was die prestasie van die Botha-broers. Marnus Botha (Graad 10) en sy broer Jovan Botha (Graad 8 ) was onder die top vier spelers van die dag met uitstekende Stableford-tellings van 37 punte elk.
Ons C-span het ook 'n goeie dag op die baan gehad en in die tweede plek geëindig.
Baie geluk aan Hoërskool Hans Strijdom, wat die individuele afdeling gewen het. LW Lourens van Hoërskool Hans Strijdom en ons eie Bernard van Blerk het albei uitstekende tellings van 38 Stableford-punte aangeteken.
Ons bedank graag Marble Hall Gholfklub vir die puik aanbieding van die dag. Die baan was in uitstekende toestand en die gasvryheid en professionaliteit waarmee die dag aangebied is, was top klas!
.png)