•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Gholf Liga 3 | 2026

    Ons gholfspanne het uitstekend presteer tydens die derde ligabyeenkoms wat by Marble Hall Gholfklub aangebied is.

  • Prysskiet 4: 15 & 16 Mei 2026

    Prysskiet 4 het op 15 en 16 Mei 2026 by Hoërskool Rob Ferreira, in Witrivier, plaasgevind, en ons skuts het weereens hul staal gewys en uitstekende prestasies behaal het.

  • Koshuise hou 'Bonfire'-aand | 2026

    Verlede week het die inwoners van Huis Cherié Dogterskoshuis en Boomhuis Seunskoshuis saam ’n ontspannende “Bonfire-aand” geniet wat beslis nog lank onthou sal word. Met die winterkoue wat stadig besig is om sy plek in die Loskopvallei in te neem, was die gesellige atmosfeer rondom die warm vure die perfekte geleentheid vir leerders om saam te kuier en stories te deel.

  • Wintersportliga: vs Hoërskool Frikkie...

    Die afgelope naweek het die Dallers weer hulle staal gewys tydens hulle wintersport wedstryde teen Hoërskool Frikkie Meyer. Die rugbyspanne het die lang pad na Thabazimbi aangepak, terwyl die hokkiespanne op die astrobaan van Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit kragte gemeet het in wedstryde vol aksiebelaaide oomblikke.

  • Dallers vier Familiedag | 2026

    Met Internasionale Familiedag wat vandag, 15 Mei 2026, wêreldwyd gevier word, het ons Bevonkte ATKV Jeugtak die geleentheid op ’n betekenisvolle wyse aangegryp om die waarde van familie, verbondenheid en samehorigheid onder leerders te vier en te versterk.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Verlede week het die inwoners van Huis Cherié Dogterskoshuis en Boomhuis Seunskoshuis saam ’n ontspannende “Bonfire-aand” geniet wat beslis nog lank onthou sal word. Met die winterkoue wat stadig besig is om sy plek in die Loskopvallei in te neem, was die gesellige atmosfeer rondom die warm vure die perfekte geleentheid vir leerders om saam te kuier en stories te deel.


Die aand was gevul met lag, goeie geselskap en heerlike warm sjokolade wat almal sommer van binne af warm gemaak het. Leerders het die geleentheid gehad om vir ’n rukkie van alle akademiese druk te vergeet en die oomblik saam met hul vriende te geniet.


Met die eerste groot eksamen van die jaar wat vinnig nader kom, was hierdie Bonfire-aand die ideale manier vir leerders om 'n laaste bietjie te ontspan voordat die ernstige leerwerk begin. Die aand het nie net ontspanning gebied nie, maar ook nuwe energie en motivering geskep vir die uitdagende eksamentyd wat voorlê.


’n Groot woord van dank en waardering gaan aan die matrieks van Huis Cherié en Boomhuis wat hierdie wonderlike inisiatief aangepak en moontlik gemaak het. Julle leiding, entoesiasme en moeite om iets spesiaal vir julle mede-koshuisinwoners te reël, word opreg waardeer. Hierdie tipe geleenthede versterk nie net die bande tussen leerders nie, maar dra ook by tot die unieke familie-atmosfeer waarvoor ons koshuise bekend is.


Ons wens al die inwoners sterkte toe met die eksamen wat voorlê en vertrou dat hierdie aand vir almal nuwe moed, fokus en inspirasie gegee het vir die harde werk wat wag.

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak