•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Graad 8 VKR aangekondig | 2026

    Die Graad 8 Verteenwoordigende Koshuisraad (VKR) is vanoggend tydens die saalperiode aangewys. Hierdie is ’n belangrike mylpaal vir die graad 8-leerders, aangesien dit vir hulle die geleentheid bied om van vroeg af reeds hulle leierskapsvaardighede ten toon te stel en ’n positiewe bydrae tot die koshuise te lewer.

  • NWU-Skolereeks Finaal | 2026

    Op Vrydag, 24 April 2026, het Hoërskool Ben Viljoen se seunshokkie-, gholf-, netbal- en skaakspanne aan die NWU Skolesportreeksfinaal in Potchefstroom deelgeneem. Hierdie gesogte reeks het van die beste skolespanne byeengebring en, ten spyte van uitdagende weerstoestande, het die Dallers hul merk gemaak.

  • Prysskiet 3: 24 en 25 April 2026

    Prysskiet 3 het op 24 en 25 April 2026 by HTS Middelburg plaasgevind, waar ons skuts weereens hul staal gewys en uitstekende prestasies behaal het.

  • Sewentien rugbyspelers deur na...

    Na afloop van die provinsiale rugbyproewe wat op 21 April 2026 plaasgevind het, is ons trots op die sewentien rugbyspelers wat deurdring na die volgende rondte proewe.

  • Odette by Nasionale Skole Sport...

    Baie sterkte aan Odette Upton wat vanaf 23 tot 27 April 2026 aan die Nasionale Skole Sport Swemkampioenskappe deelneem. Hierdie gesogte kampioenskappe vind plaas by die Universiteit van die Wes-Kaap en bring die land se top skoleswemmers bymekaar om teen mekaar mee te ding.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Op Vrydag, 24 April 2026, het Hoërskool Ben Viljoen se seunshokkie-, gholf-, netbal- en skaakspanne aan die NWU Skolesportreeksfinaal in Potchefstroom deelgeneem. Hierdie gesogte reeks het van die beste skolespanne byeengebring en, ten spyte van uitdagende weerstoestande, het die Dallers hul merk gemaak.


Die A-gholfspan het by die Goldfields Wes Privaat Gholfklub in Carletonville afgeslaan. Alhoewel reën die spel bemoeilik het, het die span uitstekende deursettingsvermoë getoon en ’n algehele derde plek behaal – ’n prestasie om op trots te wees.

Op die netbalbaan kon slegs twee van Hoërskool Ben Viljoen se spanne Vrydag hul wedstryde voltooi voordat die dag weens reën afgelas is. Ten spyte hiervan het die skool ’n algehele vierde plek in die netbalkategorie verwerf. Die finale puntestand het soos volg gelyk: Eerste span – negende plek, Tweede span – dertiende plek, o.16 – negende plek, o.15 – derde plek en o.14 – derde plek.

Op die hokkieveld het die senior seunshokkiespan hul eerste wedstryd oortuigend teen Wolmaransstad gewen in ’n vinnige 8-sekonde-uitklopformaat. Hulle het egter daarna teen Vryburg vasgeval, ook in 8-sekondes, en ongelukkig verdere nederlae teen Volksrust en Leeuwenhof gely voordat die res van die wedstryde weens reën afgelas is. Die junior seunshokkiespanne het sterk begin deur Leeuwenhof met 2–0 te klop in 8-sekondes, maar het daarna naelskraap teen Ferrum met 1–2 verloor. ’n Verdere nederlaag van 0–1 teen Sarel Cilliers het gevolg voordat die dag se spel gestaak is.

Die skaakspan het ook hul staal gewys en ’n agtste plek uit veertien spanne behaal. ’n Spesiale vermelding gaan aan Jadin Klopper wat as bordwenner uit die stryd getree het – ’n uitstekende individuele prestasie.

Op Saterdag, 25 April 2026, het die fokus na die rugby- en dogtershokkiespanne verskuif, waar die Dallers se gees en talent behoorlik geskitter het. Slegs die vier finale rugbywedstryde vir die eerste en tweede plekke het plaasgevind, en dit was hier waar die o.14-span hul staal gewys het. Hulle het Hoërskool Alberton oortuigend geklop en is as die wenners van die o.14-afdeling gekroon. Algeheel het Hoërskool Ben Viljoen se rugbyspanne ’n indrukwekkende derde plek behaal.

Die dogtershokkiespanne het die naweek op ’n hoogtepunt afgesluit deur ’n algehele eerste plek te verower. Beide die eerste span en die o.15-span het in hul onderskeie eindstryde koning gekraai teen Leeuwenhof Akademie. Die o.16-span het ’n vyfde plek behaal, terwyl die o.14-span ’n puik tweede plek ingepalm het.

Hierdie naweek se prestasies getuig van harde werk, deursettingsvermoë en ware Daller-gees.

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Ondersteunersklub
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak