Ons het onlangs kennis geneem dat Elrie Muller, wat deel was van die klas van 2024, aangewys is as lid van die 2026/27-Huiskomitee van De Goede Hoop, ’n privaat koshuis vir studente in Pretoria.
Elrie beklee die portefeulje Bemarking, Werwing en Klerasie, waar sy die geleentheid kry om haar leierskapvaardighede uit te leef en ’n waardevolle bydrae tot die koshuisgemeenskap te lewer.
Hierdie aanstelling is ’n besonderse mylpaal in Elrie se studentelewe en getuig van die vertroue wat in haar vermoëns en leierskap gestel word. Die Huiskomitee speel ’n belangrike rol in die bevordering van ’n positiewe koshuislewe, die verwelkoming van nuwe studente en die uitbou van ’n sterk gemeenskapsgevoel.
Ons wens Elrie baie sterkte en voorspoed toe met hierdie nuwe verantwoordelikheid. Mag dit ’n jaar vol groei, nuwe geleenthede en ongelooflike herinneringe wees.
.png)