Op Vrydag, 6 Februarie 2026, het ons Daller-atlete hul staal gewys tydens die Sutherland Uitnodigingsbyeenkoms by Sutherland High School in Pretoria. Teen sterk kompetisie van die gasheerskool, Rietondale High School, Hoërskool Akasia, Hoërskool F.H. Odendaal en Cornwall Hill College het ons atlete gewys presies waarvan Dallers gemaak is.
Ons atlete het uitstekend presteer en 38 goue medaljes, 28 silwer medaljes en 22 bronsmedaljes huis toe gebring. Hierdie prestasie weerspieël nie net talent nie, maar ook die harde werk en dissipline waarmee ons atlete elke oefensessie aanpak.
Hulle het nie net deelgeneem nie - maar hul merk gemaak en die Daller-naam met trots uitgedra.
Verskeie Dallers het ook hul name in die rekordboeke geskryf:
• o.16 Seuns 400m Hekkies - Zander Coetser - 0:57.79
(vorige rekord: B Harmse, 1999, 0:59.70)
• o.17 Seuns Gewigstoot - Marnu Hancke - 17.92m
(vorige rekord: O Mokoena, 2018, 16.19m)
• o.17 Seuns Diskus - Marnu Hancke - 52.96m
(vorige rekord: A Angel, 2003, 46.16m)
• o.16 Dogters 4x100m aflos - 0:55.72
(vorige rekord: SHS, 2025, 0:55.97)
• o.19 Seuns 4x100m aflos - 0:45.69
(vorige rekord: RTD, 2025, 0:45.91)
Ons aflosspanne het ook uitstekend gevaar:
o.14 Dogters 4x100m-aflos - eerste plek
o.14 Seuns 4x100m-aflos - eerste plek
o.15 Seuns 4x100m-aflos - tweede plek
o.16 Dogters 4x100m-aflos - eerste plek en nuwe rekord
o.16 Seuns 4x100m-aflos - tweede plek
o.19 Dogters 4x100m-aflos - derde plek
o.19 Seuns 4x100m-aflos - tweede plek en nuwe rekord
Eerste plekke:
Elvirno April, Itumeleng Phatlane, Zander Coetser, Omphile Tshikane, Elianah Simelane, Miguel Jacobs, Wilzandro Balie, Monya van Niekerk, Karmi de Klerk, Justin van Vuuren, Denise van der Walt, Mea-Né Hancke, Louis van Schalkwyk, Marli Muller, Marnu Hancke, Remmogo Mokoena, Bernard van Blerk, Philani Siguqa, Livey van Blerk, CJ Groesbreek, Jenise Kriel, Linmarie Kriel, Danelle Hall & Limni-Lu Heswick
Tweede plekke:
Aziza Nkwa, Mbali Masombuka, Thatego Maupa, Treasure Matsepe, Miguel Jacobs, Omphile Tshikane, Phogole Mphahlele, Kamo Shadung, Jana Hall, Lanél Coetzee, Leigh-Grant Tiemie, Itumeleng Phatlane, Thutse Motlotswa, Hendrik Botes, Elsje Dippenaar, Mckayla Malone, Jac-Johan Gouws, Clarien van der Walt, Mea-Né Hancke, Marli Muller & Joe Ras
Derde plekke:
Jana Hall, Wilzandro Balie, Zander Coetser, SJ Rautenbach, Shiniska du Plessis, Francia Meiring, Junior Maatsha, Lanél Coetzee, Serole Matlapema, Lehani Benade, Desiree van der Westhuizen, Jessica Nwadike, Kamo Shadung, Lee-Ann du Plessis, Liliana Janse van Rensburg, Duan Spaumer, Jaun Bouwer & Katinka Wessels
.png)