Ons Top 15-atlete, volgens die ASA-tabel, het gister aan die gesogte Noordheuwel Top 15 Atletiekbyeenkoms deelgeneem waar 80 skole teenwoordig was. Ons atlete het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en weereens gewys dat harde werk en toewyding vrugte afwerp.
Noordheuwel spog met die hoogste tartan-atletiekbaan in Afrika, geleë op 1 777m bo seevlak. Skole het in twee afdelings deelgeneem - skole met meer as ’n duisend leerders en skole met minder as ’n duisend leerders. Hierdie spesifieke kompetisiebeen is bepaal volgens die gemiddelde ASA-punte van elke skool se top 15-atlete.
Ons het ’n 14de plek in die Klein-Skole-afdeling behaal, waar ons meegeding het teen sterk atletiekskole soos HTS Middelburg, Hoërskool Dr Malan, Hoërskool Transvalia, Hoërskool Oos-Moot en verskeie ander.
Uitslae per ouderdomsgroep:
o.14:
•Leigh-Grant Tiemie verwerf ’n eerste plek in verspring met 673 ASA-punte.
•Aziza Nkwa behaal 695 punte in die 100m.
o.15:
•Elsje Dippenaar verwerf 738 punte in gewigstoot.
•Bernard van Blerk behaal 757 punte in diskus.
o.16:
•Itumeleng Phatlane verwerf 738 punte in die 100m.
•Zander Coetser behaal 785 punte in die 110m hekkies.
•Mea-Né Hancke verwerf 694 punte in gewigstoot.
•Liliana Janse van Rensburg behaal 730 punte in diskus.
o.17:
•Marnu Hancke behaal ’n derde plek in diskus (890 punte) en ’n vierde plek in gewigstoot (919 punte).
•Edunette Kriel verwerf 780 punte in die 100m en 646 punte in die 100m hekkies.
o.19:
•Jaco van der Westhuyzen spog met ’n eerste plek in die 100m en 890 punte.
•Omphile Tshikane behaal ’n agtste plek in die 3000m met 783 punte.
•Marli Muller verwerf 756 punte in gewigstoot.
•Jacobus Lewies behaal 722 punte in diskus.
.png)