Liske Lategan, deel van die klas van 2016, het die afgelope naweek haar terugkeer tot die internasionale rugbytoneel gemaak, toe sy vir die Suid-Afrikaanse Vroue Sewesrugbyspan uitgedraf het tydens die Afrika Vroue Sewestoernooi in Nairobi, Kenia. Die toernooi is van 15 tot 16 November aangebied en het die beste vroue-sewesspanne van die kontinent byeengebring.
Met vasberadenheid, samewerking en indrukwekkende vaardigheid het Liske en haar spanmaats die kampioenstitel vir ’n tweede agtereenvolgende jaar ingepalm. Die Suid Afrikaanse Vroue Sewesspan het in die finaal beslissend met 22–00 teen die gasheerland, Kenia, geseëvier.
Hierdie oorwinning beteken nie net dat Suid-Afrika hul dertiende Afrika Vroue Sewesrugbytitel verwerf het nie, maar verseker ook die span ’n plek in die 2026 HSBC Sewesafdeling 3.
Ons is trots op Liske se prestasie en die voorbeeld wat sy stel vir jong sportlui. Haar deursettingsvermoë en passie vir rugby dien as inspirasie vir elke Daller wat groot drome koester.
.png)