•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 46.png

Loskop Gimnasium

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

LOSKOP WELLNESS SENTRUM bring wêrelde bymekaar

 

Min klein dorpe in Suid Afrika kan spog met ‘n gimnasium wat kan meeding met van die grootste gimnasiumkettings soos Virgin Active en Planet Fitness. Die Loskop Wellness Sentrum is opgerig met die doel om die vlak van gesondheid in die Loskopvallei te verbeter. Die gimnasium is 'n gemeenskapsprojek wat almal wat in die Loskopvallei woon, bymekaar bring. Die hoofdoel is om ‘n plek te word waarna elkeen kan gaan om te ontsnap van die daaglikse stres en uitputting, vir fiksheid, stresverligting, rehabilitasie, kondisionering of selfs sosialisering.

 

Almal wil deel wees van 'n wenspan. Almal het 'n hunkering om te behoort aan iets wat groter is as net hyself. Dis hoekom meeste van ons Pretoria toe ry om vir 'n dag deel te wees van iets wat ons nie in Groblersdal kry nie. Tog is ons nie ongelukkig in Groblersdal nie, ons wil maar net die beste van beide wêrelde hê, of hoe?

Die kuns is om te begin by jouself. Die oomblik wat 'n mens begin gee van jouself is die oomblik wat die hunkering begin verdwyn.

Die Gimnasium, wat oorspronklik befonds is deur Nampak, Roslé Boerdery en ander prominente figure in die Vallei wat iets in die gemeenskap wou plaas, spog met top toerusting, 'n verhitte swembad, verskillende klasse en hoogs gekwalifiseerde opleiers vir elke behoefte. Daar is slegs een in sy soort binne 'n radius van 85 km!

Die ligging van die LOSKOP WELLNESS SENTRUM  is baie belangrik. Al is die LOSKOP WELLNESS SENTRUM gebou op die skoolterrein van Hoërskool Ben Viljoen, funksioneer dit 'n armlengte weg. Geen fondse het van die skool gekom om die gimnasium te bou nie. Sodra alle kapitaal gedelg is, gaan alle surplusgelde van die gimnasium na die Hoërskool. Dan het die visie van die LOSKOPVALLEI TRUST gevisualiseer: 'n Fondsinsamelingsprojek wat 'n konstante vloei van geld in die skool stort. Die mammas hoef hulleself nie meer lam te bak aan pannekoeke en daardeur minimum geld inwin vir maksimum werk nie.

Die LOSKOPVALLEI TRUST  het nou die bal aan die rol gesit vir die gemeenskap om van hulleself te gee en om 'n projek te maak werk. Ons almal wil die geriewe van die stad hier hê, en ons sal moet werk om dit hier te hou. Al is jy nie 'n gretige gimnasiumhasie nie, betaal jou lidmaatskapfooi en maak dit moontlik vir iemand anders om wel te kan baat by die instansie.

As mens so van jouself gee, dan is jy deel van iets wat groter is as net jyself. Dan verdwyn hunkerings en ons het die stad se fasiliteite. Die beste van beide wêrelde!

Kontakbesonderhede:
Kontak nommer:
061 204 2128


Administrasie en Lidmaatskap:
admin@loskopgimnasium.co.za  

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2025 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Ondersteunersklub
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak