Ons is trots om te deel dat Lené Riekert, deel van die klas van 2020, onlangs verkies is tot die Studente Raad van die Isa Carstens Akademie. Hierdie besondere prestasie is ’n bewys van haar leierskap, toewyding en passie vir haar studieveld.
Lené studeer Somatology by die Pretoria-kampus van Isa Carstens, waar sy duidelik nie net akademies uitblink nie, maar ook ’n betekenisvolle rol speel in die studentegemeenskap. Haar verkiesing tot die Studente Raad is ’n groot eer en dien as inspirasie vir huidige en voormalige Dallers.
Ons wens Lené alles van die beste toe met hierdie nuwe verantwoordelikheid. Mag jy voortgaan om uit te blink en ’n positiewe verskil te maak waar jy gaan!
.png)