Daar is 'n lewendige gholfliga waaraan menigte gholfspelers deelneem om hulle vaardighede te slyp.
Ons het huidiglik 3 Gholfspanne. 'n A-, B-, en C-span wat aan die liga deelneem. Wedstryde word op Maandae gespeel.
Die hoogtepunt van die gholfseisoen is die Interhoër waar ons spanne altyd goed vaar.
Prestasies:
| 2011: |
|
| |
|
| 2014: |
- Eerste span neem deel aan Suid-Afrikaanse Hoërskole Kampioenskappe. Slegs 80 skole van regoor Suid-Afrika word na die spoggeleentheid uitgenooi. Ben Viljoen behaal ‘n 13de plek in Suid-Afrika.
- Ligawenners.
- Interhoërwenners.
|
| |
|
| 2015: |
- Neem deel aan Suid-Afrikaanse Hoërskool Kampioenskappe.
- Ian Jacobs word aangewys as tweede beste gholfspeler in Mpumalanga.
|
| |
|
| 2016: |
- Eerste gholfspan - Limpopo naaswenners.
- Kwalifiseer vir Suid-Afrikaanse Hoërskole Kampioenskappe (vierde jaar in 'n ry)
|
| |
|
| 2018: |
|
| |
|
| 2021: |
- Derde tydens Limpopofinaal.
- Anro Kotze, Zane Nel en JG Greyling word ingesluit in spanne om deel te neem aan IPT.
- Anro Kotze en Zane Nel neem deel aan Suid Afrikaanse Skole Gholfkampioenskappe.
- Anro Kotze eindig tweede by die Limpopo Hoërskool Gholfkampioenskappe, twee houe agter die wenner.
|
| |
|
| 2022: |
- Ons A-span en C-span is Interhoër wenners.
- Tydens die Limpopo finaal eindig ons A-span derde, terwyl ons C-span in die tweede plek eindig.
|
| |
|
| 2023: |
- Ons B-span en C-span is Interhoërwenners, terwyl ons A-span in die tweede plek eindig. Ons spanne word aangewys as algehele interhoër wenners!
|
| |
|
| 2024: |
- Ons A-span is die naaswenners van die NWU-16 Skolesportreeks, met slegs twee houe agter die wenners.
- Ons A-span eindig in die 25ste plek by die Suid-Afrikaanse gholfkampioenskappe wat in Worcester, Wes-Kaap, plaasgevind het.
- Juan van den Heever word in die Verre Noord gholfspan ingesluit.
- Christoff Augostine was deel van die Limpopo Hoërskole Gholfspan wat deelgeneem het aan die Suid-Afrikaanse Hoërskole Inter-Provinsiale Gholftoernooi. Hy eindig in die derde plek in sy span, terwyl sy span in die algehele sewende plek eindig.
|
| 2025: |
- Ons A-span is die wenners van die NWU-16 Skolesportreeks
- Ons A- en B-spanne word as ligawenners gekroon, met ons C-span in die tweede plek
- Christoff Augostine en Juan van den Heever word ingesluit in die o.21 Limpopo-span
- Derde plek tydens Bosveld Interhoër
- By die Limpopo Gholffinaal eindig ons A-span in die tweede plek in hulle divisie, met Christoff Augostine wat aangewys word as die beste speler van die dag met 143 houe oor 36 gate. Die B-span eindig ook in die tweede plek in hulle divisie, en die C-span wen hulle divisie.
- Tydens die Suid-Afrikaanse Hoërskole Golfkampioenskappe eindig ons in die algehele 20ste plek, en verbeter met vyf plekke teenoor verlede jaar se kampioenskappe.
- Christoff Augostine, Juan van den Heever en Henco Smith word gekies is vir die Limpopo Interprovinsiale Gholfspan (IPT)
- Tydens die Noordvaal Gholfkampioenskappe eindig ons A-span in die algehele 8ste plek
|