Hoërskool Ben Viljoen: 'n Besondere Prestasie
Nominasies vir SAOU onderwystoekenning
Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal, die Hoof Mnr. Albert Swaters en drie van Hoërskool Ben Viljoen se personeel is genomineer vir SAOU onderwys- toekennings. Die Nasionale Kongres het op 24 Junie 2011 plaasgevind.
Hoërskool Ben Viljoen word aangewys as Nasionale wenner in die kategorie – Skooltoekenning: Uitnemendheid ten opsigte van transformasie en nasiebou.
Die skool het in die verlede ook reeds ander besondere prestasie behaal. In 2008 is die skool as die wenner van die “School of Excellence” kompetisie in Limpopo aangewys. Die skool het verder aan die kompetisie deelgeneem en is in 2009 as “Best Innovative Institution of the year” in Limpopo provinsie aangewys wat aan die skool ‘n kontantprys besorg het. Die geld is aangewend om lugversorging in die saal en dataprojekters in sommige klasse te installeer ten einde die skool verder te verbeter en meer geleenthede aan leerlinge te bied. Die skool presteer jaarliks uitstekend op akademiese, kulturele sowel as sport gebied.
Mnr. Albert Swaters die hoof van Hoërskool Ben Viljoen is as Nasionale wenner aangewys in die kategorie – Skooltoekenning: Uitnemendheid ten opsigte van Onderwys-leierskap.
Hy het agt jaar gelede die leisels by Hoërskool Ben Viljoen oorgeneem. Hy het die moeilike taak gehad om die skool waar transformasie en integrasie skeef geloop het weer op te bou. Onder sy leiding het leerdersgetalle met 40% gegroei en akademiese prestasie drasties verbeter tot onder die top 3 akademies presterende eks Model C skole in Limpopo. 98% van leerders uit voedingskole skryf jaarliks by Hoërskool Ben Viljoen in. Onder sy leiding behaal die skool uitmuntende sportprestasies. Die dogtershokkie spanne het sedert 2006 vier keer die Noordvaaltrofeë verower. Die eerste Rugbyspan van 2008 was naaswenner in die Beeldtrofeë en die o/16 Rugbyspan van 2010 die Beeldtrofeëwenner.
Missie
Hoërskool Ben Viljoen is 'n hoërskool met 'n Christelike karakter wat hom beywer vir die daarstel van hoë standaarde, kurrikulêr asook buite kurrikulêr.
Hoërskool Ben Viljoen wil 'n veilige hawe wees vir gelukkige, trotse en lojale kinders wat onderrig word deur toegeruste personeel en gelei word tot verantwoordelike volwassenheid.
Geleentheid tot die bereiking van elke leerder se volle potensiaal en gebalanseerde betrokkenheid op akademiese- kulturele- en sportgebied word geskep deur positiewe personeel in vennootskap met 'n ondernemende beheerliggaam en ondersteunende ouers.
Hoërkool Ben Viljoen stel hom ten doel om die standaard van opleiding en onderrig van leerlinge te beskerm, te bevorder en uit te bou.
Kommunikasie met Ouers
Ouers ontvang 'n Ben Viljoen-Bulletin waarin al die skoolnuus en kommunikasie met ouers verskyn. So bly ouers op hoogte van sake hoe dit by Hoërskool Ben Viljoen gaan en wat aan die gebeur is.
'n Informele gemeenskapsbord, wat gereeld opdateer word, is ook by die skool aangebring waar leerders na foto's kan kyk van gebeurtenisse wat plaasgevind het.
Erkenning vir Prestasie
Die aktiwiteite waarvoor mens erkenning ontvang by Ben Viljoen strek wyd. Leerlinge kan toekennings ontvang vir akademie, dienslewering, kultuur, leierskap en sport.
Karakter Eerste!

