•   013 262-2061/2
  •   benvilj@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1. Inro(1).jpg
  • website cover-02.jpg
  • website cover-08.jpg
  • website cover-07.jpg
  • website cover-03.jpg
  • website cover-05.jpg
  • website cover-04.jpg
  • website cover-06.jpg

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Information about COVID-19

Nuus

  • Interne Afrikaanse...

    Gisteraand het die interne redenaarskompetisie plaasgevind. Met...

  • Zane wen Lydenburg Junior Ope!

    Zane Nel het die afgelope naweek deelgeneem aan die Lydenburg Junior...

  • Willem by Rugby-oefenkamp

    Willem Victor het vanaf 11-13 Desember 2020 deelgeneem aan die rugby...

  • Landloop Liga 1 van 2021

    Die eerste Liga byeenkoms van die landloop het die naweek in Tzaneen...

  • Farm Jam Rondte 2: 3 Podium plekke...

    Die afgelope naweek het Duard Bruwer, Jacques Oosthuizen en Thorne...

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Op 21 Februarie 1947 is Hoërskool Ben Viljoen amptelik geopen. Ons vier dus in 2021 ons 74ste bestaansjaar!

 

 ONS GROEI MET GEESDRIF

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen, 'n parallelmediumskool in die hartjie van die Loskopvallei. Hier op ons pragtige natuurskoon terrein word ontmeetbare kreatiwiteit, effektiewe kommunikasie, ontelbare buitemuurse aktiwiteite en geesbou geleenthede aangebied om elke leerder sosiaal, geestelik en emosioneel te laat groei.

 'N PLATTELANDSE SKOOL MET DIE DINAMIKA VAN 'N STADSKOOL

Skoolonderrig is nie net meer 'n gegewe nie. Dit is 'n belegging in u kind se toekoms en u as ouer het die keuse oor watter skool as 'produk' die beste aan jou kind se behoeftes sal voldoen. By ons vorm die leerders, die personeel en die ouers die unieke hartklop van die skool. Akademie vorm die hoeksteen van ons skool en jou belangstellings en behoeftes is vir ons belangrik. 

 DIE TOEKOMS IS GROEN EN GOUD

Ons is baie trots op ons skool en sy ryk tradisie. Ons missie is om aan elke leerder die geleentheid te bied om sy/haar volle potensiaal te bereik, en in samewerking met die ouerhuis, akademies, fisies, geestelik en sielkundig die leerling voor te berei vir die lewe na skool sodat hulle na matriek hul studies en professionele lewe as volwaardige, afgeronde jongmense kan binnegaan.

Hierdie webblad vertoon as ‘n spieël wat aan die buitewêreld toon hoe ons skool lyk. Dit vertoon die lewe binne en buite die klaskamer op die gebiede van sport, akademie, kultuur en ander vorme van die skoollewe. Geniet die reis saam met ons en ontmoet die leerlinge, onderwysers en gemeenskap betrokke by die bou van 'n juweel in Limpopo.

‘N WAARDEGEDREWE SKOOL

Deur die geskiedenis en oor kulture heen het die onderwys nog altyd twee vername doelwitte: Om leerders te help om wys op te tree en om hulle te help om goed te wees – en KARAKTER is nodig vir beide. – Lickona

Om te beweer dat ons verantwoordelike burgerskap en ‘n burgerlike samelewing kan hê, sonder om eers goeie KARAKTER te  bou, is soos om te glo dat ons bome sonder wortels kan hê, of blomme sonder blomblare (Heenan).

RESPEK – VERANTWOORDELIKHEID – OMGEE – INTEGRITEIT – LOJALITEIT

Ons glo dat die nastrewing van hierdie waardes ons onderwysers, leerlinge en ouers beter kan toerus om suksesvol te wees in ons gemeenskap asook in die samelewing oor die algemeen. 

 ONS WERK-ONS EER

Hierin lê opgesluit die grondbeginsels van die opvoedkunde wat as fondament dien vir Hoërskool Ben Viljoen. Deur dit van dag tot dag te beoefen, uit te leef en na te streef, voldoen die hoof, personeel en leerlinge aan die hoogste roeping van die lewe. Ons sien met vertroue uit na die toekoms en roep elkeen toe om getrou te bly aan ons leuse 


Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Funksies
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  benvilj@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2021 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Skoollied
    • Visie & Missie
  • Admin
    • Menu
    • Finansies
    • Personeel
    • Dissipline
    • Nuus
    • Kalender
      • Menu
      • Jaarprogram
    • Aflaaibare Dokumente
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Ekstra Wiskunde Klasse
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Top 10 Leerders
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Sportsoorte
    • Rugby
    • Dogtershokkie
    • Netbal
    • Seunshokkie
    • Krieket
    • Swem
    • Muurbal
    • Tennis
    • Atletiek
    • Gholf
    • Prysskiet
    • Perdry
    • Programme
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ondersteunersklub
    • Loskop Gimnasium
    • Sentrum vir Berading
    • Tina Cowley Leessentrum
    • Busroetes
    • Ben's Kafeteria
  • Funksies
    • Menu
    • 'n Gewigtige Saak
    • UR Bal
  • Kontak