•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png

Geskiedenis

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

ALGEMENE GESKIEDENIS

Dit het volharding en moed geverg om die stryd hier in die Olifantsriviervallei vol te hou, om die wilde woesterny te help tem en dit in ‘n veelbelowende aantreklike tuiste te omskep.  Dit klink byna onmoontlik om te dink dat die dorp en die uitgestrekte lande maar ‘n klompie jare gelede digte boswêreld was, dat die wild hier rustig gewei  het; dat wilde leeus in 1932, nie eers 16km van Groblersdal af, beeste gevang het en dat malaria in 1944 nog 95% van die bevolking platgetrek het.

Die moontlikheid van voorspoed en geluk het meer as een familie laat intrek en gesinne was bereid om saam die gevaar van die bos te trotseer.  Maar die grootste bekommernis steeds, was onderwys van die kinders.

Op aandrang van die ouers is ‘n privaatskooltjie op Kalkfontein geopen.  Vyf staatskole het wel daardie tyd in die omgewing bestaan, maar omdat die geriewe by al hierdie skole egter uiters beperk en ontoereikend was, het die ouers langs die Olifantsrivier begin dink aan een sentrale skool.

Op 16 Oktober 1930 is die Klipbank 267-skool met 28 leerlinge deur die Pretoriase Distrikskoolraad in samewerking met die gemeenskap geopen.  Mnr. J. L. Muller is aangestel as waarnemende hoof.  In 1945 is besluit om ‘n aparte Junior Hoërskool te stig.

Hoërskool Ben Viljoen is op 21 Februarie 1947 geopen as ‘n junior hoërskool met Dr. H.P. van Coller as eerste permanente hoof, agt personeellede en 185 leerlinge in Graad 8-10, oorgeplaas vanaf die Groblersdalse Laerskool (tans Laerskool Julian Muller). Gedurende 1947 en 1948 is Graad 6 en 7 leerlinge as gevolg van akkomodasieprobleme ook by die junior hoërskool gehuisves. Die omgewing was woes, die terrein onbewerk met struikgewasse, gras en doringbome wat die aardoppervlak bedek. Die geboue was halfvoltooi en het slegs uit sewe klaskamers in halfafgewerkte toestand bestaan. Vanaf die laerskool is skoolbanke en voorraad boeke ontvang terwyl daar ‘n te kort aan skrifte, skryfbehoeftes en die nodige meubels was, maar dansky die vinnige optrede en simpatieke houding van ons Kringinspekteur, mnr B.J. Viljoen en sy bekwame personeel, is daar gou in geslaag om dié gaping te oorbrug  en kon daar met die groot taak van skoolhou begin word

Op 8 November 1947 het die hoeksteenlegging plaasgevind, waargeneem deur genl. JJ Pienaar, destydse Administrateur van Transvaal en mnr. WJ Grobler, grondlegger van Groblersdal. 

Gedurende Februarie 1948 word die skool vernoem na mnr. B.J. Viljoen, destydse kringinspekteur, as waardering vir sy ywer vir die uitbreiding van die skoolgeriewe vir die bosveldkind. In Augustus 1948 is goedkeuring verkry vir die instelling van ‘n Graad 11 klas vanaf 1949 en het die eerste groep van 14 leerlinge in 1950 die matriekeksamen geskryf. Sedertdien het die leerlingtal aangehou groei tot waar ons vandag kan spog met meer as 730 leerlinge.

In Januarie 1951 word die eerste koshuis (Boomhuis, die huidige seunskoshuis) as gemengde eenheid in gebruik geneem. In 1954 word die huidige meisieskoshuis (Huis Cherie) in gebruik geneem. Die skool ontgroei sy kinderskoene en ‘n tydperk van bestendige groei en ontwikkeling van die terrein en geriewe vind plaas.

Uitbreiding en vooruitgang vind plaas op die meeste terreine, in 1965 verower die eerste rugbyspan die gesogte Administrateursbeker en in 1995 verower die meisiestennisspan die Direkteurstrofee!

 

GESKIEDENIS VAN DIE SKOOLEMBLEEM

In 1947 loods Dr. H.P van Coller 'n versoek om 'n skoolembleem vir hierdie bosveldskooltjie te ontwerp. Die skoolembleem word deur mnr. Louw Odendaal, 'n kunsdosent verbonde aan die Pretoriase Onderwyskollege, ontwerp. In hierdie skoolembleem word verskeie simbole ingesluit wat die Loskopvallei-omgewing sowel as die vooruitgang van die skool in die latere toekoms uitbeeld. 

 Die kleursimboliek:

Die wit agtergrond in die middel van die skoolembleem weerspieël die reinheid van geloof.

Die groen simboliseer die vrugbaarheid van die Loskopvallei landbou-omgewing.

Die goue omboorsel simboliseer die vreugde van jou studies en arbeid, tesame met die suksesse van die toekoms wat jy sal bereik. 

 Die simbole is as volg:

Die skoolembleem se vorm is gebaseer op dié van 'n skild. Die groot skild onderskei en beskerm ons leerders wat op die skildpodium staan.

Die skild rus op 'n balkie waarop die leuse 'ONS WERK-ONS EER' staan, dit simboliseer die voortbou van 'n suksesvolle toekoms.

Die vleuels (vlerke) simboliseer die vlugheid van die arend.

Tesame met die vleuels word koringgerwe gevorm wat verwys na die vrug van die arbeid wat op skool verrig word.

Tussen die vlerke is die sluisklep van Loskopdam, wat die krag van die water in die dam simboliseer - dit is simbolies van die krag van die leerlinge in die skool en sluit ook aan by die omgewing waar die skool hoofsaaklik die Loskopdam-besproeiingsgebied bedien.

Die ronde boog in die wapen stel die wal van Loskopdam voor - dit is simbolies van ingehoue krag, stewigheid en solidariteit en dit wys op die lewegewende krag wat daaruit voortvloei. 

Binne in die boog is die paal met die lig bo-op - uit die krag word lig uitgestraal. Dit verwys ook na die simboliek dat die leerders as inspirasie teenoor hulle mede-studente en gemeenskapslede moet wees. Hierdie lig verteenwoordig ook die geskiedkundige ligte wat op Loskopdam se oorspronklike wal was.

Verder vorm die wal ook 'n 'G'. Dit staan vir Groblersdal.

Gesamentlik vorm die wal en die 'G' weer 'n sleutel - dit sluit vir ons die toekoms oop.

Die uil simboliseer wysheid en kennis, wat die basis van die toekoms vorm.

Onderkant die dam met sy water, is die koring- en tabaklande wat groenlewe en groei voorstel - die volheid van die aarde. Dit simboliseer die groeiende, polsende lewe van die jeug wat in die skool opgevoed word en tot volwassenheid gelei word.

 

HOOFDE DEUR DIE JARE

HOOFDE

Januarie 1947 - Junie 1954 Dr H.P. van Coller
Junie 1954 - Desember 1961 Mnr. A.J. Combrink
Januarie 1963 - 21 Januarie 1970 Mnr. Willa Hefer
Januarie 1971 - 30 September 1991 Mnr. Wynand de Jager
April 1992 - Augustus 1995 Mnr. Gert Vogel
Januarie 1999 - Maart 2002 Mnr. André Franken
Junie 2003 - Desember 2020 Mnr. Albert Swaters
1 Februarie 2021 - huidig Mnr. John Smith

 

WAARNEMENDE HOOFDE

Januarie 1962 - Desember 1962 Mnr. Willa Hefer
Februarie 1970 - Desember 1970 Mnr. Gert (G.J.) Laubscher
Oktober 1991 - April 1992 Mnr. Frik Smith
September 1995 - Januarie 1998 Mnr. Fred Potgieter
Februarie 1998 - Mei 1998 Me. Rina Greyling
Junie 1998 - September 1998 Mnr. Wolla Ras
September 1998 - Desember 1998 Mnr. Harry Oberholzer
Maart 2002 - Junie 2003 Mnr. Heyns Theron
15 Oktober 2020 - 30 Januarie 2021 Mnr. John Smith

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2025 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Ondersteunersklub
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak